Lake View House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lake View House is in die pragtige kusdorp Bettysbaai, langs die skilderagtige Clarence Drive-roete, tussen Pringlebaai en Kleinmond, geleë.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Alle slaapkamers is op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer is lig met uitsigte oor een van die mere en op die berge. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. DStv is teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die ateljee-area het 'n TV, kaggel, tafelsokker, en 2 slaapbanke. Dis ideaal vir die kinders.

Doendinge in Bettysbaai sluit sandplankry by Silversand-duin, branderplankry, hengel, vlotvaart, kanoevaart op die Palmietrivier en bergfietsry deur die Kogelberg Natuurreservaat in.

Slaapplek

'n Bespreking by Lake View House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelslaapbank
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lake View House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za