Lala Phanzi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lala Phanzi bied verblyf in Perlemoenbaai, naby Gansbaai. Dit bied 'n pragtige uitsig oor Walkerbaai.

Eenheid 1 is 'n oopplan-woonstel met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en is ingerig met 'n dubbelbed en 'n slaapbank met 'n TV en volledige DStv. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, yskas, strykyster, ketel, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort. Die eenheid het 'n buite-braai met 'n braairooster en 'n tang. Hout is ook te koop.

Eenheid 2 is 'n volledig toegeruste selfsorgwoonstel en beskik oor 'n leefarea en 2 slaapkamers met 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea het 'n kombuisie en 'n eetarea, en daar is 'n ingeboude braai en volledige DStv beskikbaar. Daar is ook 'n dek wat oor die see uitkyk.

Die eenhede bied skilderagtige uitsigte oor Walkerbaai waar talle walvisse baljaar gedurende die seisoen. Daar is 'n staproete wat 100 m van die woonstel af begin en kuslangs verby die bekende De Kelders- en Klipgatgrotte lei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lala Phanzi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R670 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za