Lalamanzi
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Oysterbeds, Joseph Barry-rylaan, Witsand, 6740, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 230 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Lalamanzi bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n eksklusiewe, pragtig ingerigte vierslaapkamerhuis aan die oewer van die Breederivier in Witsand. Dié huis is perfek vir gesinne of groepe en bied uitsigte oor die rivier vanaf die leefarea, 2 slaapkamers, speletjieskamer en boonste houtdek. Vasmeerplek vir bote is voor die huis beskikbaar, maar is uitsluitlik vir die gebruik van Lalamanzi-gaste.
Dié huis het slaapplek vir 10 gaste (maksimum 6 volwassenes en 4 kinders) in 4 slaapkamers. Die eerste, tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer is 'n groot vertrek op die boonste verdieping met 4 enkelbeddens wat perfek vir kinders is. Daar is 2 badkamers en 'n derde badkamer met 'n wasbak en 'n toilet. Lalamanzi het ook 'n oopplan-kombuis, 'n sitkamer, 'n eetkamer, 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, en 'n kroegtoonbank en stoele. 'n Binnenshuise kaggel en 'n braai-area buite is ook beskikbaar.
Lalamanzi is toegerus met 'n TV, 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien, 'n wasgoeddraad, 'n oond, 'n stoof en 'n yskas. 'n Stoep is onder beskikbaar. Toegang tot die kompleks word uitsluitlik vir gaste en inwoners via 'n afstandbeheerde hek verkry. Parkeerplek is vir 2 voertuie in die straat voor die huis in die kompleks beskikbaar.
Dis 'n rustige, ontspanne area met plaaslike winkeltjies en restaurante. Kyk hoe die branderplankryers in die branders baljaar, gaan stap langs die see of ontspan op die strand. Dis die perfekte plek vir visvang in die riviermonding en diepseevisvang.
Slaapplek
’n Bespreking by Lalamanzi sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Oysterbeds, Joseph Barry-rylaan, Witsand, 6740, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Oysterbeds, Joseph Barry-rylaan, Witsand, 6740, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom