Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lalapanzi Hotel

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 14 resensies vir Lalapanzi Hotel
Netheid
3.7/5
Diens
3.7/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.6/5
Sarie P - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sarie P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi plek.

Vriendelike diens, baie rustig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Christo S - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Christo S
Besigheidsreis

If they clean the place properly, wash the bedding and towels properly, I will recommend them. Food very expensive.

TV channels are very bad.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jan M - Mei 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Jan M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ietwat teleurstellend, maar tog beïndruk met Inga se tegemoetkomendheid.

Die ligging is ideaal langs die N1-hoofweg en maak dit baie toeganklik en bereikbaar. Omdat ek self die vak Gasvryheidsbedryf as deel van Besigheidstudies onderrig het, is ek baie krities. Dié plek het 'n ouwêreldse sjarme met pragtige en goedversorgde tuine. Daar is 'n interessante museum waarvoor by die ontvangs navraag gedoen moet word. Die ruim eenheid, The Stables Luxury Rooms kamer 25, was gereed en netjies. Ons was egter onder die verkeerde indruk (weens ons eie verkeerde interpretasie of afleiding) dat dié Luxury Rooms selfsorg-eenhede is en moes toe ontdek dat ons eenheid nie 'n klein kombuisie insluit nie, maar die eienares, Inga, het ons tegemoetgekom deur die deel-kombuis vir ons beskikbaar te stel, hoewel dit ongelukkig eers die tweede dag van ons tweedag-verblyf was. Wat egter 'n bietjie gehinder het was die hoenderhaan wat albei oggende wat ons daar oornag het, van baie vroeg (drie-uur die oggend) redelik hard en aanhoudend gekraai het. Vir plaasjapies kan dit 'n gevoel van tuiswees gee, maar vir ons was dit nogal hinderlik aangesien ons stilte en rustigheid gesoek het. Ons was besorg oor die veiligheid van die terrein, want toe ons die een aand na 10 terugkeer na ons kamer, was die veiligheidshek nog wawyd oop met geen veiligheidswag in sig nie. Ons het ook nooit 'n afstandbeheer vir die veiligheidshek ontvang soos by ander gastehuise nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ronel V - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Ronel V
Besigheidsreis

Lekker beddens en kussings.

Was nie baie vriendelik verwelkom nie. Inteendeel het hulle nie eens die aankoms verwag nie en was in die verkeerde kamer sonder lugversorging ingboek op 'n dag van 41 grade. Hulle was onbehulpsaam om dit reg te stel. Die kamers was nie baie skoon - spinnerakke, gebruikte seep in die laai, glase wat na seep smaak en selfs die bad het seep ingehad. Die beddens het lekker geslaap en linne was skoon.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marisa C - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marisa C
Enkelreisiger

Gemaklike kamers, skoon en gerieflik geleë.

Skoon kamers met al die nodige fasiliteite. Vriendelike en hulpvaardige personeel. Pragtige tuin met smaaklike kos in restaurant en naby Louis Trichardt geleë.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Liezl W - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Liezl W
Gesin met klein kinders

Baie skoon, maar geen warm water gehad nie, nie die aand of oggend nie. TV se kanale was onkykbaar, eers teen 20:00 kom instel die aand.

Ek het vantevore by Lalapanzi Hotel heerlik gebly en met vol vertroue die bespreking gemaak met my gesin die keer. Was nogal teleurgesteld weens die volgende: TV-kanale was almal uitgestel, het dit gerapporteer en teen 20:00 die aand het iemand gekom om die kanale in te stel. Hy het sy hondjie saamgebring en dié het homself tuisgemaak op die bed. Ek hou van honde, maar het net gedink dis nogals vreemd om jou hond toe te laat om homself tuis te maak op gaste se bed. My seuntjie wou teen 19:00 gaan stort, geen warm water. Dit gerapporteer en hul het toe die geyser gaan aansit. Water neem 'n uur om warm te word en teen die tyd wat die water reg was, het hy reeds geslaap. Ons het ook reeds intussen slaapklere aangetrek en besluit om vroeg die volgende oggend voor ons vertrek te stort. Het aan die ontvangsdame genoem toe ons inteken dat ons vroeg 05:30 vertrek na die Limpopo Xco Fietsbyeenkoms. Toe ons teen 05:00 wou stort was daar steeds geen warm water nie. Ons is al drie sonder om te stort die dag in. Ons het besluit om tussen die 3 van ons vanaf die menu kamerdiens te bestel en bestel toe 2 23 cm pizza's teen R170 gesamentlik. Die pizzas het na 55 min koud by die kamer aangekom, na my seuntjie reeds geslaap het dus honger en vuil aan die slaap geraak. Die pizzas was minder as 15 cm in deursnee. My man het hom teen die tyd vervies en geweier om die pizza te aanvaar. Ons het teruggestap met die klein, koue pizzas en die dame by ontvangs het baie jammer gesê, hulle het die verkeerde basis gebruik. Hulle sal kyk of hulle iewers die regte een kan kry anders moet ons maar ons geld terugvat. Gevolglik het ons al drie vuil en honger gaan slaap.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Frances R - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frances R
Gesin met klein kinders

Baie vriendelike atmosfeer.

Kiddie friendly omgewing. Ek kon vra vir 'n ontbytkospakkie wat betyds gereed was. Ettie en Johannes is beslis 'n aanwins vir Lalapanzi. Aandete was baie lekker. Die kelnerin het aandag gegee aan ons behoeftes.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elizabeth M - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Elizabeth M
Gesin met klein kinders

Goeie diens, instandhouding kort aandag.

Teleurstellend as die toegangshek se kontrole vir die MTB-roete nie werk nie, veral na die vorige dag se lekker fietswedren. Seer spiere kort weer 'n ligte oefening na die tyd.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
De Wet V - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
De Wet V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uiters swak!

Die deure en ingang na die kamers is fisies laag en baie klein, binne was daar baie waterdampmerke op die mure, en muf op die dak van die badkamer. Daar was 'n verwarmer in die kamer wat heeltemal stukkend was en in twee dele aan die muur gehang het. Die bed was kliphard en uiters ongemaklik. Ons het ook vroeër die aand by die restaurant gaan eet, die menu het 'n groot verskeidenheid maar 3 van die disse wat ons bestel het kon hul nie maak nie aangesien hulle uit voorraad was. Verder het die bord kos wat ek gekry het ook nie ooreengestem met dit wat op die menu geadverteer word nie, nadat ek daaroor navraag gedoen het was daar net vir my gesê dat hulle die dis verander het na slegs een chop en sonder die sous i.p.v. 2 chops plus appelsous soos wat dit geadverteer word. Maar ek moes steeds die volle prys betaal! Ek sal vir seker nooit weer daar oorslaap nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lalapanzi Hotel se terugvoer

Goeiedag Mnr. De Wet

Ons waardeer altyd kliënte se terugvoering hetsy dit goed of sleg is sodat ons altyd op ons hoede kan wees en die beste kliënte diens kan gee.
Eerstens wil ons net graag groot onverskoning vra vir u ervaring by Lalapanzi Hotel, en ons hoop om u weer terug te verwelkom in die toekoms om te kan opmaak vir al die onaangenaamheid.

Ek wil net graag bietjie agtergrond gee oor die hotel. Die hotel was in 1947 gebou deur 'n Mev. Wilkonson wat nie langer was as 1.5 m nie, en dit het begin as 'n koffie stop en toe later uitgebrei na 'n hotel. Sy het letterlik met haar voet merke op die grond gemaak waar hul gebou het en sy het gewys waar deure, vensters ens. ingesit moet word en soos u self kan indink, sou haar arm nie hoër as so 1.8 m kon wys op 'n muur nie. Ons het nou al intussen meeste van die kamers oorgedoen en standaard deure ingesit, maar ongelukkig is kamer 10, 1 van 2 eenhede wat nog gedoen moet word en ons is vreeslik jammer vir hierdie ongerief van 'n lae deur.

Ons doen deurentyd inspeksie, onderhouding en opknapwerk in alle kamers en soms is dit moontlik om iets oor te slaan en daarom waardeer ons ook altyd as 'n kliënt by ontvangs iets kom rapporteer sodat ons dadelik aandag daaraan kan gee.

Ons het ook intussen nou die verwarmer vervang en dankie dat u ons in kennis gestel het daarvan.
Kamer 9 het 'n splinternuwe matras in, so ons neem aan u praat dan van kamer 10 se matras, weereens dankie dat u dit uitlig. Ons kyk graag dan na die probleem.

Baie jammer oor die spyskaart seleksie wat nie volledig in voorraad was nie. Ons kyk ook dan graag daarna en maak die nodige veranderinge, verder is dit dan ook die kelner se verantworrdelikheid om te kyk dat alles op die bord is wat uitgaan na die kliënt. Die kelner moes kyk vir die appelsous, en die nodige stappe word dan ook geneem teenoor die kelner. Die afgelope ruk het ons vreeslik gesukkel om die regte grootte vark tjops te kry en toe besluit dat dit dan maar beter sal wees om net 1 groot tjop te kry. Ons is ook huidiglik besig om die spyskaart op te dateer.

Weereens wil ons by Lalapanzi net graag vir u onverskoning vra vir u eerste ervaring by ons. Ons vra ook dan net graag dat u asseblief eers by ontvangs of bestuur u bekommernisse meedeel om te kyk of ons nie dadelik na u behoeftes kan omsien terwyl u nogsteeds hier is nie.

Vriendelike groete

Xanthe Joubert

Lalapanzi Hotel
Jaco M - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jaco M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aangenaam. Netjiese kamer en goeie prys.

Ligging naby Louis Trichardt en Polokwane.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Karin C - Feb 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Karin C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker gebly.

Baie vriendelike, aangename personeel. Lekker geëet. Beslis waarde vir geld.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jan M - Nov 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jan M
Enkelreisiger

Oulike bestemming naby die snelweg.

Die hotel bied goeie akkommodasie vir iemand wat oornag-akkommodasie soek op die lang pad. Die hotelpersoneel was baie vriendelik en het uit hulle pad gegaan om my verblyfervaring so aangenaam as moontlik te maak. Die omgewing is ook baie mooi, ek sal dit oorweeg om weer daar te bly net om die nabye omgewing te verken. Die restaurant bedien heerlike disse. Al verbetering wat ek kan voorstel is onderdak parkering.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lalapanzi Hotel se terugvoer

Goeiedag,
Baie dankie vir die vriendelike woorde, altyd lekker om sulke boodskappe te lees.
Sal u asb. indien moontlik, die verklaring vir ons ook op TripAdvisor gaan skryf.
Baie dankie.
Xanthe Joubert

Lalapanzi Hotel
Sonita S - Aug 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sonita S

Rustige en ontspanne atmosfeer met baie behulpsame en vriendelike personeel.

Ons tydjie daar was vinnig en kort, maar baie rustig en ontspanne. Dankie vir die vriendelike ontvangs van elke personeellid op die perseel. Sal beslis weer van hul dienste gebruik maak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lalapanzi Hotel se terugvoer

Goeiedag, baie dankie vir die vriendelike woorde en die goeie terugvoering, ons weet dit vat altyd meer moeite en tyd om 'n goeie verslag te skryf. Ons waardeer u skrywe en hoop om u vining weer terug te verwelkom.

Vriendelike Groete.

Xanthe Joubert

Lalapanzi Hotel
Julie S - Jul 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Julie S
Besigheidsreis

Altyd gelukkig met die diens by Lalapanzi.

My tegnikuste is altyd gelukkig om by Lalapanzi te oornag. Hulle vra altyd om daar te oornag en hulle is gelukkig met die akkommodasie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lalapanzi Hotel se terugvoer

Goeiedag

Baie baie dankie vir die mooi woorde, altyd lekker om sulke goeie terugvoering te kry, ons waardeer dit baie en hoop ons kan ons skoene volhou.

Vriendelike groete

Xanthe Joubert

Lalapanzi Hotel
Vanaf
R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, Bandelierkop, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA045691735eebe07f8b2a3cbada57b636661587274907534103c12c0fb9a778b156e72b6df0fa5f44a926bdb7de6f73cfb7d0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 14 5 1 4 N1 Bandelierkop 0920 Limpopo 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -23.448286055254 30.033402442932