Lance Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lance Cottage is 'n lekker gesinshuis in 'n stil doodloopstraat in Paternoster, 'n klein, unieke, skilderagtige, vissersdorpie, bekend vir sy vissershuisies. Paternoster is die mees romantiese en rustigste plek aan die Weskus se skilderagtige kuslyn en is veilig vir kinders op fietse.

Die huis het gemaklike slaapplek vir 6 gaste en is ideaal vir gesinne. Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers op die boonste verdieping. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die leefarea onder het 'n kombuis, eetarea en sitarea.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, yskas, oond, mikrogolfoond en ketel. Die sitarea het 'n TV en DStv met 22 kanale. Daar is 'n braai-area op die stoep buite. Daar is 'n mooi, oop tuinarea sonder omheining. Troeteldiere is op versoek welkom.

Paternoster is sowat 150 km noord van Kaapstad langs die R27, en 15 km noordwes van Vredenburg. Dit is 'n gewilde naweekbestemming. Die Weskus is bekend vir sy ryk verskeidenheid plantspesies en lok veldblom-entoesiaste van regoor die wêreld.

Slaapplek

'n Bespreking by Lance Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lance Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 860 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za