Langs die BreeSee

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Langs die BreeSee is 'n ruim selfsorghuis vir 6 gaste in Witsand en dit het lieflike uitsigte oor die Breerivier en strandmeermond.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers met baddens of storte. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n en suite-badkamer. Die kamers het dubbelbeddens, 2 enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed. Linne word voorsien en gaste moet asb. hulle eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is op die eerste verdieping en is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet.

Die leefarea het 'n binnebraai-area en 'n sitkamer met 'n TV. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -afstandbeheer en -slimkaart saambring. Rook is verbode in die huis.

Die huis het 'n alarmstelsel en parkeerplek is beskikbaar. Troeteldiere word nie toegelaat nie. 'n Addisionele skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen 'n addisionele koste.

Witsand bied 'n verskeidenheid doendinge, soos walviskyk tussen Junie en November, swem, visvang, sweefski, snorkel en 4x4-roetes.

Slaapplek

'n Bespreking by Langs die BreeSee sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Langs Die BreeSee gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za