Langstrand Loft

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Langstrand Loft is 'n moderne selfsorg-ateljeewoonstel op die boonste verdieping van 'n eenheid in die stil, noordelike uithoek van Paternoster. Dis sowat 1 minuut vanaf die strand geleë en bied privaat toegang tot Langstrand. Dis ook lekker naby tientalle goeie restaurante.

Dié oopplan-ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort. Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg en die leefarea het 'n rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Skuifdeure bied toegang tot 'n balkonnetjie met stoele en braaigeriewe. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Doendinge in die area sluit perdry, visvang, voëlkyk, fietsry en swem in.

Slaapplek

'n Bespreking by Langstrand Loft sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Langstrand Loft gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za