Lategan House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lategan House is 'n selfsorghuis in Arniston, 'n bekoorlike vissersdorpie in die Overberg. Hierdie huis het slaapplek vir 8 en is stapafstand vanaf die strand.

Dis ideaal vir vriende of familie. Die huis het 3 slaapkamers en 'n stoepkamer. Daar is een badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet, asook 'n stort onder die huis se trap wat bereik kan word deur die motorhuis.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en is verbind met die ander kamers wat beteken gaste moet deur die hoofslaapkamer beweeg om by die ander kamers uit te kom. Die tweede en derde kamers het stapelbeddens wat elkeen slaapplek vir 2 persone bied. Die stoepkamer het 'n dubbelbed.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, drieplaatstoof met 'n oond, eetgerei en breekware. Daar is 'n ekstra vrieskas in kelder wat deur die motorhuis bereik moet word. Daar is ook 'n wasmasjien. Let asb. dat daar nie TV of radio in die eenheid is nie.

Lategan House het geen binnebraai-geriewe nie, maar daar is braaiplek buite. Die rooster en driepootstaander is in motorhuis. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet met 'n gedeeltelike see-uitsig.

Die Arniston Hotel het 'n baie gewilde restaurant vir 'n heerlike ontbyt of middagetes. Spa-behandelings is ook beskikbaar vir dié wat 'n bietjie bederf wil word. Verder kan gaste die lieflike strande, voetslaanroetes, visvang en walviskyk geniet, sowel as die Waenhuiskrans-grot besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Lategan House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lategan House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za