Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laughing Forest Bush Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cowry-rylaan 18 - 20, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Laughing Forest Bush Lodge is in Elysium aan die KwaZulu-Natalse suidkus geleë en bied gerieflike selfsorg- en B&B-verblyf in die kuswoud. Die rustigheid van die oord gekombineer met die nabye see is ideaal vir stiltetyd en lang wandelinge langs die strand.

Dié 6 hektaar-perseel waar die Laughing Forest geleë is, is 'n tuiste vir voëls, apies, muishonde, en ander wild. Verblyf word aangebied in 5 Gesins-selfsorghutte en 5 Dubbelkamers en 2 Enkelbedkamers, wat oor die inheemse woud versprei is. Elke hut kan 5 gaste in 1 dubbelbed, 1 enkelbed, en 1 stapelbed akkommodeer. Elke hut het lugversorging en 'n en suite-hoofslaapkamer, en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Die sitkamer lei na 'n sondek. Die kombuise is volledig toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, oondjie, ketel, en 'n broodrooster. Daar is ook braaigeriewe by die kothuis beskikbaar.

Die Dubbel- of Enkelbedkamers het elk 2 enkelbeddens of ’n dubbelbed, sowel as ’n en suite-badkamer. Dit kan ontbyt insluit of uitsluit. Al die kamers het ’n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook braaigeriewe in die eenhede.

Gaste moet asb. hul eie handdoeke vir bad en swem saambring. Die oord het 'n swembad, 'n gemeenskaplike braai en vuurput en TV met DStv is beskikbaar in sekere huisies.

Doendinge in die area sluit hengel, walviskyk, snorkel, lyfplankry, branderplankry en fietsry in. Dit neem net 'n paar minute om tot op die strand te stap. Daar is ook getypoele aan die ooste en weste van die oord.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Laughing Forest Bush Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Debbie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Jaar gelys 7

Ligging

  • Cowry-rylaan 18 - 20, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Laughing Forest Bush Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cowry-rylaan 18 - 20, Elysium, 4185, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc4ODc0YTJhLTRlMDYtNDBkZS05N2I3LTM1ZGE2NzAzYjhhYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 18 - 20 Cowry Drive Elysium 4185 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -30.479934884542 30.637115245369
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem