Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lavender @ C

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jacob De Goede-straat 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lavender @ C is die ideale selfsorg-wegbreekplek in die prentjiemooi Jacobsbaai aan die Weskus, stapafstand van die see.

Die eenheid het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kuierarea met 'n ingeboude braai. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, induksieplaat, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus.

Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n etenstafel, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n ingeboude braai.

Verder is daar 'n privaat ingang en toegang tot die binnehof met 'n swembad. Die swembad is vir die privaat gebruik van gaste.

Jacobsbaai is tussen Saldanha en Paternoster en net 20 km vanaf Langebaan. Dit is bekend vir sy tipiese Weskus-boustyl met verskeie afgewitte kothuise, asook die oorvloed kreef en vis in die dorpie se waters. Die omgewing is ideaal vir stap,fietsry, visvang, kajakvaar en voëlkyk.

Jacobsbaai se natuurlike fynbos dien as habitat vir 'n groot verskeidenheid wild. Dolfyne en walvisse kom tussen Junie en November hier voor. Blommetyd in Jacobsbaai is 'n belewenis wat asems wegslaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Lavender @ C sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 138 resensies vir Lavender @ C
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Jacob De Goede-straat 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lavender @ C het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jacob De Goede-straat 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA29cb6391ccd05aaf6cba3658f94258d2d7e77d2a55cab0bce7d0759728517a7cd9c53f3068adf92bda5b6ae19a43adf5fe0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 138 5 1 5 3 Jacob De Goede Street Jacobs Bay 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.968039106708 17.891253400594