Lavender House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lavender House is 'n selfsorg-eenheid langs die negende putjie in Silwerstrand Gholflandgoed met luisterryke uitsigte op die berge. Die huis het 3 slaapkamers en daar is 'n eenslaapkamerwoonstel, elk het privaat ingange en 'n parkeerplek. Die dubbelverdiepinghuis het 'n toegeruste kombuis, ruim leefarea en 'n ingeboude braai in die braaikamer. Die braaikamer is heeltemal apart en lei na die eetkamer. Die braaikamer en die patio het pragtige uitsigte oor die gholfbaan en berge.

Die slaapkamer op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n bad en stort. Die tweede en derde slaapkamer is op die boonste vloer geleë. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en 'n en suite-stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n aparte toilet tussen dié twee slaapkamers. Die woonstel het 'n koningingrootte-bed op die onderste verdieping en 'n aantrekkamer met 'n bad met 'n stort op die boonste verdieping.

Silwerstrand Gholf- en Rivierlandgoed is geleë in die Robertson Distrik, net buite Robertson op pad Worcester toe. Robertson Gholfklub is geleë in die landgoed, laasgenoemde is die versorger van die Silwerstrand Gholfbaan. Beleef die veilige lewe in die platteland. Silwerstrand staan op die oewer van die Breederivier en aan die voet van die skilderagtige Langeberge. Dit is die ideale plek vir gholfspelers, hengelaars, watersportentoesiaste, voëlkykers en natuurliefhebbers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lavender House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za