Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lavender Manor Guest Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 184, 10th Straat, , Hermanus, Cape Whale Coast., 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 680 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lavender Manor digby die Grotto-strand in Hermanus, 'n luukse gastehuis van top gehalte, word deur die eienaar bestuur en spog met ongelooflike see-uitsigte en hartlike, gemaklike gasvryheid teen 'n billike prys. Lavender Manor is geleë in die stil, veilige en vreedsame Voëlklip, buite die besige middestad en naby die Hermanus Gholfbaan, Arabella Gholflandgoed en Hemel-en-Aarde-wynroete. Met 'n uitsig oor die gewilde Blouvlag Grotto-strand en Walkerbaai se walvisskuilplek is jy ook net twee minute per voet van die ander pragtige strande in die omgewing. Die bekende, wonderskone kranswandelpad is ook op jou voorstoep. Ontspan by ons swembad met 'n verfrissende drankie in die hand. Geniet 'n skemerkelkie by die ten volle gelisensieerde kroeg met ons see-uitsig en kyk hoe die walvisse in die baai baljaar wanneer die son sierlik oor die see sak.

Lavender Manor is in Hermanus, sowat 90 minute se ry van Kaapstad af, geleë. Hermanus is internasionaal bekend as die walvisbesigtigingshoofstad.

Lavender Manor bied:

* Asemrowende uitsigte oor die see, strand en berge.
* Wonderlike walvisbesigtiging vanuit die gastehuis, strand of kranswandelpaadjies.
* Luukse, uniek-versierde slaapkamers of suites met en suite badkamers.
* Twee minute se stap van Grotto-strand, die kranswandelpaadjies en verskeie bergpaadjies in Fernkloof.
* In die rustige en veilige Voëlklip-gebied buite die besige dorpskern geleë.
* Walvisbesigtiging en sonsondergangstoepe met fantastiese see- en berguitsigte.
* Naby aan Hermanus-gholfbaan en Arabella-gholflandgoed.
* Ideaal geleë om al die groot aantrekkinge van die Walviskus te verken.
* Veilige parkering van die straat af en groot verskuilde tuin met lieflike swembadjie en WiFi-internet.
* Groot sitkamer op die boonste vlak, ten volle gelisensieerde kroeg en panoramiese see-uitsigte.
* Naby aan die Hemel-en-Aarde-wynroete en 'n kort entjie se ry van Stellenbosch en Franschhoek.
* Strand- en see-uitsig verblyf op sy beste.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 19 resensies vir Lavender Manor Guest Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • 184, 10th Straat, , Hermanus, Cape Whale Coast., 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lavender Manor Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 680
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 680
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 184, 10th Straat, , Hermanus, Cape Whale Coast., 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3ba3dfd396d2b115a6f6e66780b0aa9b859bf25d80f56bde71d696450dac9fd51f8e5f0169676b5d7130f1c0957058c84f07?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 680 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 184, 10th Street Voelklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.411459345864 19.287528991699