Lazaros Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lazaros Guesthouse staan in 'n welige tuin in Alberton, net 30 minute se ry vanaf OR Tambo Lughawe en stapafstand van verskeie restaurante en winkels af.

Die gastehuis het 8 Standaard Kamers, 1 "Deluxe" Suite en 1 Selfsorg-eenheid. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, platskerm-TV, koffie- en teemaakgeriewe, plafonwaaier en 'n gasverwarmer.

Die gemeenskaplike sitkamer het 'n kaggel, gerieflike rusbanke en 'n klavier. 'n Heerlike driegang-ontbyt word elke oggend bedien en middagete en aandete is op versoek beskikbaar (geregte getuig van 'n vars, Suid-Afrikaanse invloed). Die kroeg het baie voorraad en is die hele dag lank oop. 'n Eerlikheidskroeg is ook beskikbaar vir jou gerief.

Gaste kan heerlik afkoel in die sprankelende swembad of rustig raak in die welige tuin met sy volop voëllewe. Die lieflike konferensiesaal kan gebruik word vir enige spesiale geleentheid. Ons bied ook vervoer na die lughawe en toerpakkette (uitstappies na nabygeleë besienswaardighede en safari's in die Kruger Wildtuin.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lazaros Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R752 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false