Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hideaways Lazuli Bush Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sodwanabaai-weg R22, Kuleni Wildpark, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 740 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Hideaways LaZuli Bush Lodge is 'n luukse en privaat selfsorgwildsplaas met slaapplek vir 8 gaste in Kuleni, 'n omheinde wildspark 18 km vanaf Hluhluwe. LaZuli Bush Lodge is afgesonder, veilig en privaat en gaste kan as 'n groep vriende saam kuier, langs die swembad ontspan, langs die vuur sit, voetslaan of na die voëls en wild kyk.

Dié boswegbreek is in die Kuleni Wildpark, 'n inheemse sandwoud naby die kus van die Indiese Oseaan, die Groter St. Lucia-vleilandpark en die Hluhluwe- en Phinda Privaat Natuurreservate geleë. Hierdie area is bekend vir sy oorvloedige wild en is die natuurlike habitat vir bosbokke, sebras, njalas, kameelperde en nagapies. Paddas en ander nagdiere is ook volop. Daar is in totaal byna 140 verskillende voëlspesies in hierdie area.

Die eenheid lyk soos 'n boomhuis op die grond en het hout mure en vloere. Groot stukke glas kan oopskuif om gaste nader aan die natuur te bring.

LaZuli bestaan uit die hooflodge met 4 slaapkamers. Die hooflodge het die leefareas, die plaaskombuis wat ten volle toegerus is, 'n eetarea, kuierarea met 'n kaggel, 'n sitarea met plafonwaaiers en 'n stoep met 'n etenstafel langs die privaat swembad. Daar is 'n TV met DStv, 'n DVD- en CD-speler, 'n klanksisteem en 'n ysmasjien. Daar is ook 'n watergat waar gaste kan sien hoe die wild water drink.

Die 4 losstaande slaapkamers het oopplan-badkamers en is 'n entjie van die hooflodge af. Die areas word met plankpadjies verbind. Elke kamer het sy eie stoep, bad en buitestort. Twee van die suites, die Amethyst- en Rose Quarts Kamers het elk 'n koninggrootte-bed. Die ander 2 kamers, die Citrine en die Tree Agate kamers het elk 2 enkelbeddens. Elke kamer het lugversorging, 'n gemaklike bank, lessenaar en tee- en koffiemaakgeriewe.

Hiér kan gaste ontspan, herlaai en nader aan die natuur kom. Dit voel of tyd stilstaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Hideaways Lazuli Bush Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Sodwanabaai-weg R22, Kuleni Wildpark, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R8 740
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R8 740
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sodwanabaai-weg R22, Kuleni Wildpark, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1z9nD4zCQLJmxsv8Yx210uReXR8Ia3ynjYBK7c8SrrpMNolTd7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 740 per nag, vir 8 mense R22 Sodwana Bay Road Kuleni Game Park 3960 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.910760629792 32.352877279762