Lazy Days
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Patricks-laan 415, Natures Valley, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 925 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Lazy Days is in Nature's Valley, 'n idilliese kusdorpie in die omtrek van die Tsitsikamma Nasionale Park en die warm Indiese Oseaan. Die unieke kombinasie van see, strandmeer, woud, fynbos en berge maak van Nature's Valley die ideale wegbreekbestemming. Hierdie dorpie bied 'n gerieflike toegangspoort tot die Tuinroete, of bloot 'n bestemming waar jy lang, luilekker dae in die son kan geniet. Ervaar die rustigheid van die vallei in 'n gerieflike, huislike houtkothuis in 'n welige, omheinde inheemse tuin. Die kothuis is ideaal geleë in 'n stil straat, sowat 200 m van die strandmeer en die see af en is onlangs opgeknap tot die hoogste standaard.
Die hoofhuis bestaan uit 3 slaapkamers slaapplek aan 6 gaste kan bied, asook 'n buiteslaapkamer wat 2 gaste kan huisves (dus 'n totaal van 8 gaste). Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n televisie, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, wat op versoek in 'n koningrootte-bed omskep kan word. 'n Kampkot is beskikbaar. Linne vir al die beddens, elektriese komberse en ekstra komberse word voorsien.
Die indrukwekkende kombuis het Caesarstone-werkoppervlaktes en 'n glasplaatstoof en is uiters goed toegerus met standaard toebehore, insluitend 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. 'n Tuimeldroër is ook beskikbaar vir die winter.
Daar is 3 aparte badkamers, die een met 'n ekstra-groot losstaande bad en 'n stort, die ander met 'n stort en 'n toilet, en die derde met 'n toilet en 'n wasbak. Die sonnige sitkamer is toegerus met 'n kaggel, 'n televisie met DStv en 'n CD-speler/radio. Die sitkamer lei na 'n houtdek met 'n tafel en 8 stoele. Die dek is die perfekte uitkykpunt waar jy Knysnaloeries kan besigtig en 'n Weber-braai kan geniet. Die tuin is groot en het 2 ingeboude braaiplekke en 'n warm buitestort. Daar is genoeg parkeerplek op die perseel beskikbaar en die tuin in omhein met 'n muur. Die huis het 'n alarmstelsel en is baie veilig. Gratis WiFi word voorsien.
Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word. Tuin- en strandmeubels is ook beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Lazy Days sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- St Patricks-laan 415, Natures Valley, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Lazy Days het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nature's Valley Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Patricks-laan 415, Natures Valley, 7357, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom