Paternoster Akkommodasie by Le Chaim House | LekkeSlaap
+15

Le Chaim House

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonkwasstraat 16, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R3 700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Le Chaim House is 'n puik vakansiehuis teen die strand in Paternoster met ongerepte see-uitsigte. Die verblyf bied slaapplek aan 6 gaste.

Hierdie ontwerpershuis beskik oor 3 slaapkamers. Daar is koningingrootte-beddens in 2 van die kamers en 'n koninggrootte-bed in die derde kamer. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer, 2 van hulle met 'n stort, bad, wasbak en toilet en die derde met 'n stort, wasbak en toilet. Op die onderste verdieping is daar 'n gastebadkamer met 'n stort en toilet, asook 'n warm buitestort.

Le Chaim House bied 'n oopplan-kombuis wat ten volle toegerus is, 'n aparte opwaskamer, 'n eetkamer, 'n ontspanne leefarea, 'n hoofsitkamer en 'n aparte TV-kamer. Geriewe sluit 3 kaggels, 'n TV met volledige DStv en gartis WiFi in. Die patio beskik oor buitemeubels en braaigeriewe, en daar is parkeerplek van die straat af.

Paternoster is 'n klein vissersdorpie aan die Weskus wat aan gaste 'n ongekende kulturele ervaring bied.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Le Chaim House
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Sonkwasstraat 16, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Le Chaim House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonkwasstraat 16, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI1MDViM2ZhLTM1M2MtNGU3NS1hNTAxLTIwMDBjNDE0MGRmMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 700  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 16 Sonkwas Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.809372036162 17.88387671113
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za