Le Cozmo Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Le Cozmo Gastehuis is in Meyersdale, 'n luukse buurt in Alberton, geleë. By die Le Cozmo Gastehuis is ons trots op ons uitstekende diens en gee ons aandag aan die kleinste besonderhede, ons heerlike, volledige Engelse ontbyt, pragtige dekor en vriendelike personeel. Die Le Cozmo Gastehuis is baie gewild en ons gaste kom graag weer terug. Jy word hartlik deur jou gasheer en gasvrou, Dries en Elsa, welkom geheet met hulle gul gasvryheid en vriendelike diens.

Sakereisigers kan kies van 9 "executive" kamers, elk met eie dekor. Verskeie kamers lei na die patio en 'n verhitte swembad in die rustige tuin. Ons beskik oor 3 slaapkamers met koningin- en 3 met koninggrootte-beddens en 1 kamer met 'n driekwartbed en 'n enkelkamer-opsie. Alle slaapkamers beskik oor en suite-badkamers. Die kamers is individueel ontwerp in skakerings van silwer, steen, groen en gebrande oranje met handgemaakte houtmeubels en spesiaal uitgesoekte kunswerke. Die wittebroodsuite het 'n privaat sitkamer en 'n vol en suite-badkamer. Daar is 1 suite onder en bo is 'n kamer met 'n balkon. Alle kamers het hul eie ingange.

Elke kamer bied lugversorging, satelliet-TV met afstandbeheer, 'n yskassie, 'n afstandbeheer, 'n toilet, WiFi, 'n gemaklike lessenaar, 'n haardroër, 'n kluis, pantoffels vir jou gebruik tydens jou verblyf by Le Cozmo en komplimentêre tee en koffie.

Ons tariewe sluit 'n stewige Engelse ontbyt in wat in die pragtig versierde eetkamer of op die patio bedien word.

Dries is baie trots op ons gesellige kroeg, "Tavern Le Cozy" met sy soliede kroegtoonbank wat met houtsnywerk versier is en spesiaal ontwerpte kunswerke. Kom loer gerus in en kyk na jou geliefde TV-sportkanaal of geniet 'n bier langs die sonverhitte swembad.

Ons is slegs 25 km van die OR Tambo Internasionale Lughawe af geleë en 20 minute van die middestad van Johannesburg af. Soccer City en Ellispark is binne 'n radius van 10 km bereikbaar. Winkelsentrums, vulstasies en restaurante is binne loopafstand van ons af. Uitstekende casino's en gholfbane is naby geleë en per motor bereikbaar. Besienswaardighede soos die Apartheidsmuseum, Gold Reef City en Soweto is ook naby.

Die Le Cozmo Gastehuis is 'n klein toevlugsoord in sonnige Alberton waar jy sowaar so tuis soos by jou eie huis sal voel!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Le Cozmo Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za