Le Gîte
- Kapasiteit: 23 persone
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burger-laan 29, Lyttelton Manor, 0157, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Le Gîte op 'n groot perseel in die stil woonbuurt Lyttelton Manor geleë. Dié eenheid is lekker naby Centurion se sakekern, talle winkelsentrums en markte. Die Gautrein se Centurion-stasie, Super Sport Park en NetCare Unitas Hospitaal is slegs 5 minute se ry ver.
Verblyfsopsies:
Die Privaat Kothuis het 2 slaapkamers, ’n badkamer en kombuisie. Dit is langs die eienaar se huis. Daar is slaapplek vir 4 gaste. Die kothuis het ’n privaat ingang en elke kamer lei na die tuin.
Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens en ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die kombuisie is in die hoofslaapkamer en het ’n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, oondjie, tweeplaatstoof, ketel, tee en koffie, broodrooster, strykyster, eetgerei, breekware en basiese potte en panne.
Die tweede, kleiner kamer het ’n dubbelbed en albei kamers het groot kaste met ophangplek en laaie. Die badkamer het ’n stort, komplementêre seep en sjampoe en ’n haardroër. Daar is ook ’n wasmasjien in die badkamer.
Die Gastehuis is ’n aparte huis het 3 slaapkamers met slaapplek vir 5 gaste. Die gebruik van die badkamer word gedeel en het ’n stort, wasbak, toilet en ’n aparte toilet. Albei kamers het groot kaste met ophangplek en laaie. Die badkamer het komplementêre seep en sjampoe. Die kombuis wat ook gedeel word, het 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, breekware, potte en panne. Daar is ook 'n ketel met tee en koffie.
Kampeerplekke vir overlanders/4x4-voertuie (maksimum 2 voertuie).
Ons beskik ook oor ’n volledig toegeruste meganiese en ingenieurs-werkswinkel en vele kundigheid oor overlanders vir gaste wat tegniese hulp nodig het.
Kinders is welkom maar kindergeriewe word nie voorsien nie. Indien kinders onder 7 hier tuisgaan word 'n veiligheidsnet oor die swembad gespan. Rook is verbode in kothuis en die gastehuis (e-sigarette is ook verbode). Gaste mag wel in die tuin rook. WiFi is beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Frans
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Burger-laan 29, Lyttelton Manor, 0157, Gauteng
- Gaste dink Le Gîte het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lyttelton Manor Lyttelton Centurion Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 23 persone
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burger-laan 29, Lyttelton Manor, 0157, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom