Le Mahi Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Le Mahi Guesthouse bied eksklusiewe verblyf vir die oordeelkundige reisiger wat die fyner dinge in die lewe waardeer. Dié gastehuis is in Langebaan aan die Weskus geleë.

Le Mahi het 5 ruim, gerieflike en goed toegeruste kamers wat elkeen 'n yskassie, 'n platskerm-TV met verskeie kanale (insluitend sport), gratis WiFi, koffie en tee, lessenaars, 'n kluis, verwarmer, waaier en 'n haardroër insluit. Elke kamer het ook 'n privaat patio met 'n uitsig en 'n en suite-badkamer.

Al ons gaste het toegang tot die sitkamer en patio-area op die boonste verdieping met verskeie boeke, tydskrifte en bordspeletjies vir gaste se genot.

'n Warm en koue ontbyt word sorgsaam voorberei vir elke gas en ons akkommodeer spesiale versoeke. Kinders wat 8 jaar en ouer is, is welkom by ons instansie.

Die gastehuiis net 1,4 km van die strand en die middedorp af, en net sowat 90 minute vanaf Kaapstad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Le Mahi Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 310 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za