Le Roux Holiday House 35478

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Le Roux Holiday House 35478 is 'n ruim huis met slaapplek vir 8 gaste in Reebok, slegs 400 m vanaf die strand.

Dié dubbelverdiepinghuis word met 'n trap en 'n houtdek bereik. Drie van die slaapkamers deel 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en maak gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en maak gebruik van 'n badkamer met 'n bad. 'n Dubbelslaapbank is in die ingang beskikbaar. Die onderste kamer het ook 'n dubbelbed. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Etes kan by die etenstafel met sitplek vir 6 geniet word en gaste kan in die sitkamer voor die TV met DStv ontspan.

Die waskamer het 'n wasmasjien, 'n kisvrieskas en lei na 'n onderdakbraai-area met 'n ingeboude braai.

Oop parkeerplekke word op die erf voorsien aangesien die motorhuis ongelukkig nie beskikbaar is nie. Neem asb. kennis dat die eienaars hul boot op die perseel stoor.

Slaapplek

'n Bespreking by Le Roux Holiday House 35478 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Le Roux Holiday House 35478 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za