Leadwood Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leadwood Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 2 spoggerige bosveld-lodges in 'n stil, eksklusiewe, afgesonderde gedeelte van Hoedspruit Wildreservaat waar die wild vrylik rondloop.

Die hoofbosveldlodge word omring deur reuse inheemse bome en het 'n uitsig oor 'n droë rivierloop. Die tweede lodge is privaat en weggesteek ten opsigte van die hooflodge. Dié lodge bied 'n uitsig oor die bosvel. Die hooflodge het 2 ruim slaapkamers met koninggrootte-beddens en die slaapkamers lei na 'n houtdek met 'n uitsig oor die rivierloop. Altwee kamers het volledige en suite-badkamers wat lei na buitestorte in die bosveld. Die hooflodge het ook 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n sitarea met 'n platskerm-TV. Dit maak oop op 'n onderdak sitarea met 'n braaiplek naby. Die swembad rond die prentjie mooi af en kan slegs deur gaste wat by Lodge 1 bespreek is, gebruik word.

Die tweede bosveldlodge bestaan uit 'n ruim slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en dit maak oop op 'n stoep-area met uitsigte oor die bosveld. Die slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en daar is 'n oopplan-kombuis wat ten volle toegerus is. Die hoof-leefarea het gerieflike rusbanke en 1 slaapbank vir 'n ekstra gas of vir kinders. Die sitarea maak oop op 'n groot veranda met sitplek en 'n braaiplek. Gaste het toegang tot sekere DStv-kanale, WiFi en veilige parkeerplek.

Die Visarend-dam is naby en daar is heelwat voëlkyk-geleenthede in die reservaat. Wildroetes is ook beskikbaar en daar is legio fietsry- en staproetes. Perdritte kan gereël word deur African Dream Horse Safaris vir diegene wat wildkyk met 'n verskil wil beleef. Die Krugerwildtuin is net meer as 'n uur se ry van hier af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leadwood Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]