Noordelike Drakensberge Akkommodasie by Ledges Retreat Guest Farm | LekkeSlaap
+91

Ledges Retreat Guest Farm

4 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Distrikweg D119, Jagersrust, 3354, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Ledges Retreat Guest Farm is 'n vreedsame gasteplaas in 'n prentjiemooi vallei in die Noordelike Drakensberg. Dis omring deur pragtige berge en bied 'n uitsig op die Sungubala- Hlolela- en Sugar Loaf-spitse. OLedges Retreat Guest Farm is in die Okhahlamba Wêrelderfenisgebied, 24 km vanaf die Royal Natal Nasionale Park, en tuiste van die Drakensberg-amfiteater en Tugela-waterval wat die wêreld se tweede hoogste waterval is.

Lodges Retreat is 'n rustige plekkie waar jy net kan ontspan, en dien as gerieflike basis vir diegene wat die omgewing wil verken. Besoek die Royal Natal Park of doen die bekende Gorge-stap of verken die ander voetslaanroetes. Trekpleisters in die omgewing sluit Amphitheatre Gholfklub, met 'n 9-putjie-gholfbaan in, asook All Out Adventures, en 150 km uitstekende bergfietsroetes sommer daar naby jou eenheid. Daar is 'n waterpark 7 km van die perseel af.

Jy kan ook drafroetes op hierdie pragtige landskap aanpak. Gaan stap in die namiddae en kyk hoe die son agter die berg sak.

Selfsorg- en B&B-verblyf is beskikbaar. Aandete kan ook voorsien word, maar laat ons asb. teen 11:00 weet op die dag van aankoms, sodat ons 'n aandete vir jou kan voorberei. Let asb. daarop dat ons nie alkohol verkoop nie, so gaste moet hul eie saambring. Die naaste kruidenierswarewinkel is in Bergville, 34 km van die verblyf af, so selfsorggaste moet genoeg kruideniersware saambring.

Vir die B&B-gaste is daar 'n gemeenskaplike kombuis en eet- en braai-area indien gaste self wil kos maak. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, potte en panne toegerus.

Die gasteplaas het ook 'n seisoenale swembad en 'n trampolien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 4 resensies vir Ledges Retreat Guest Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Distrikweg D119, Jagersrust, 3354, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ledges Retreat Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Distrikweg D119, Jagersrust, 3354, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjAuZjTLAyEukzTIMOOivOLm3AL1bdk8eoqkMhp9bgWjPbUnNyH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 District Road D119 Jagersrust 3354 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -28.630586600049 28.975756264006
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za