Ledimor Guest House
Beskrywing
Ledimor is 'n gastehuis met 'n warm atmosfeer en egte Suid-Afrikaanse gasvryheid. Die gastehuis is gerieflik geleë in die voorstad Sterpark, net 800 m vanaf die Savannah Mall, 2,5 km vanaf Polokwane se middedorp, en 5 km vanaf Polokwane-lughawe. Ledimor bied goeie gehalte akkommodasie vir sakereisigers, toeriste en families. Hier kan jy luilekker ontspan in ons rustige, gerieflike en huislike gastehuis in die hartjie van Polokwane.
Ons akkommodasie word aangebied in Executive- of 2-Enkelbedkamers met en suite-badkamers. Die kamers is smaakvol gemeubileer en bied top-gehalte matrasse vir 'n goeie nagrus. Elke kamer spog met wit perkallinne, handdoeke, 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en DStv, 'n verwarmer, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, 'n kluis, 'n yskassie en 'n haardroër.
'n Buffet- of à la carte-ontbyt is beskikbaar. Middagete en aandete kan op versoek voorsien word. Die gastehuis het 'n braaiplek en 'n swembad vir gaste se gebruik. WiFi is beskikbaar op aangewese plekke. 'n Wasgoeddiens en lughawependeldiens kan op versoek voorsien word. Ledimor Guest House kan ook voorsiening maak vir sakereisigers, ons bied konferensiegeriewe vir tot 20 afgevaardigdes en 'n privaat-kamer vir vergaderings.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Tennis
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Ledimor Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |