Leeurivier-onder-die-Hoogte
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leeurivier, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Leeurivier-onder-die-Hoogte is 12 km vanaf Swellendam geleë en bied rustieke plattelandse verblyf omring deur die Langebergpieke.
Die Plaashuisie het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n oopplan-kombuis en -woonkamer met 'n kaggel en TV. Gaste kan voor die kothuis braai, of 300 m stap na die Leeurivier. Dié eenheid is ideaal vir paartjies of 'n wittebrood. Dit het baie karakter en sjarme ? dis modern, maar het wel antieke meubels.
Die Hoenderhok is die grootste van die 2 eenhede en is ideaal vir 'n gesin. Die outydse-sjarme skep karakter. Daar is sigbare houtbalke, ou skuifraamvensters, en sementvloere. Die eenheid is knus en gesellig. Die woonkamer het 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv. Gaste moet asb. hul eie slimkaart saambring, want daar is net sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n oopplan-kombuis met 'n eethoekie aan die kant van die eenheid. Die badkamer het 'n stort en toilet. 'n Rustieke trap lei na 'n knus solder met 2 slaapkamers. Die 1 slaapkamer het 2 enkelbeddens en die ander kamer het 'n dubbelbed.
Die eenhede is op 'n 25 hektaar landbougoed, dis in die 1800's gebou en is onlangs opgeknap.
Die besige dorpie, Swellendam is net 12 km vanaf die landbougoed. Swallendam het 'n plattelandse-atmosfeer en 'n pragtige uitsig oor die horison. Die Overberg-streek in die Wes-Kaap is tans besig om baie te ontwikkel. Dis naby aan Kaapstad en spog met wingerde, woude, fynbos, graanvelde, strande en geharde kuslyn.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Landi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 50
Jaar gelys 10
Ligging
- Leeurivier, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Gaste dink Leeurivier-onder-die-Hoogte het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leeurivier, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom