Leeuwenhof Country Lodge & Garden Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leeuwenhof is 'n romantiese Country Lodge & Garden Spa wat by die Waterberge tussen oorvloedige seëninge van die natuur geleë is. Dit is net 2 uur se ry van O.R. Thambo Internasionale Lughawe af.

Agter 'n indrukwekkende, wit hek lê 'n lang, wit gebou in die Kaapse Koloniale-styl met skadu-stoepe en 'n kolonnade waar gaste kan ontspan. Die groen grasperke word met skadubome en struike afgewissel en lei na die tuin-spa waar die tydlose rustigheid van tjirpende voëls en die teenwoordigheid van wild geniet kan word. Aan die ander kant van die randmuur om die lodge en spa lê ruwe bosveld teen die agtergrond van die Waterberge.

Leeuwenhof Country Lodge & Garden Spa is geseënd met 'n groot aantal voëlspesies. 'n Bekwame skoonheids- en masseringsterapeut bied 'n wye verskeidenheid skoonheidsbehandelings en masserings. Die warm swembad, sonsondergang-ritte en verligte tennisbane dra by tot hierdie ongelooflike ervaring.

Leeuwenhof Country Lodge & Garde spa bied luukse akkommodasie. Ons persoonlike diens, heerlike kos en rustigheid sal jou oortuig om weer te kom.

Al ons en suite-slaapkamers het 'n tuin-ingang en berg-uitsig. Geriewe soos lugversorging, en suite-badkamers, kamerjaponne, katoenlinne, 'n keuse van kussings en DStv is beskikbaar.

"Presidensiële Suite":
Hierdie suite is elegant en ruim met 'n Jacuzzi, privaat patio en kaggel.

"Tau Suite":
Hierdie suite is 30 m vanaf die hooflodge. Dit is 'n romantiese kothuis met 'n aparte slaapkamer, sitkamer met kaggel, en 'n en suite-badkamer met Jacuzzi wat na 'n privaat tuin lei.

"Luukse Prestige Slaapkamers":
5 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer. Sommige kamers het kaggels.

"Giant Tents":
Daar is 2 groot tente wat op die oewer van die rivier geleë is. Elke tent het 'n Jacuzzi, 'n buitestort, en suite-badkamer en 'n sitkamer met 'n manjifieke uitsig op die berge.

"Boetieksuites":
Daar is 4 privaat suites met berg-uitsigte. Elke suite het 'n aparte slaapkamer, sitkamer en 'n privaat Jacuzzi op die patio wat oor die watergat en Waterberge uitkyk.

Aandete in die pragtige eetkamer met sy modieuse mengsel van ontwerp en styl is altyd lekker gesellig. 'n Kombinasie van tradisionele en kontemporêre disse word gemaak en met 'n keuse van plaaslike en ingevoerde drankies bedien.

Leeuwenhof Country Lodge & Garden Spa bied luukse maar bekostigbare verblyf. Die persoonlike diens, lekker disse en rustigheid sal verseker dat jy ons sommer gou weer besoek!

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leeuwenhof Country Lodge & Garden Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 995 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za