Leeuwenhof - Kudu Bush Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leeuwenhof Country Lodge & Garden Spa bied nou ook akkommodasie vir gaste wat verkies om een met die natuur te word. Die nuwe Kudu-boskamp bied selfsorg akkommodasie, en bestaan uit drie eenhede van hout wat met bome omring word en aan die voetheuwels van die Waterberg genestel is. Hierdie wegbreekplek is ideaal vir groepies en natuurliefhebbers wat die fauna en flora van Leeuwenhof wil verken.

Geriewe:

* Private boskampie vir 'n maksimum van 8 gaste
- Twee eenhede met en-suite badkamers
- Een eenheid met twee slaapkamers en 'n badkamer
* Bedlinne en handdoeke word voorsien
* Vuurmaakhout
* Ys
* Eenhede word daagliks skoongemaak
* Volledig toegeruste, sentrale braai-area
* Snoesige boma met oop vuurmaakplek
* Beperkte selfoonontvangs

Die Kudu-kamp is 'n eko-kamp met LED-ligte en sonpaneel-geysers. Die water kom van boorgate.

Stap vrylik rond of bring jou eie bergfiets om die pragtige omgewing te verken.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leeuwenhof - Kudu Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za