Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Clanwilliam Accommodation

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leipoldt-straat 10, Clanwilliam, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 498 R1 348 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Clanwilliam Accommodation bied luukse selfsorg-verblyf in Clanwilliam aan die voet van die Sederberge.

Daar is 3 tipes selfsorg-eenhede met slaapplek vir 29 gaste in totaal.

Woonstel 1 en 4 beskik oor 2 slaapkamers en is geskik vir 7 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is nog 3 enkelbeddens in die sitarea. Albei kamers deel 'n badkamer wat 'n stort, bad, wasbak en toilet het. Ander geriewe sluit 'n lugversorging, 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond, 'n sitarea, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale in.

Woonstel 7 en 8 beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is nog 2 enkelbeddens in die sitarea. Albei kamers deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het. Ander geriewe sluit 'n lugversorging, 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond, 'n sitarea, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale in.

Woonstel 5A het 1 slaapkamer het is geskik vir 3 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is nog 'n enkelbed in die sitarea. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Ander geriewe sluit 'n lugversorging, 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond, 'n sitarea, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale in.

Aktiwiteite in die omgewing sluit voetslaan, rotsklim, bootry op Clanwilliamdam, kanovaar, swem, witriviervlotvaart, visvang en 4x4-roetes in. Besoeke aan Leipoldt se graf, die Engels Man se graf, Cederberg Kelders met sy bekroonde wyne en Wuppertal is 'n moet wanneer gaste in die omgewing is. Clanwilliam is een van die land se 10 oudste dorpe en ook onder die top 10 rotsklimplekke in die wêreld.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 36 resensies vir Clanwilliam Accommodation
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Leipoldt-straat 10, Clanwilliam, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Clanwilliam Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 498
R1 498 R1 348
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 498
R1 498 R1 348
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leipoldt-straat 10, Clanwilliam, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmNGE0YjY1LTJjNGUtNGViMi05YmI5LWRmYTFjNmQzOWUzOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 498 nouVanaf R1 348 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 10 Leipoldt Street Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.182172 18.891337