Leipoldtsrus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leipoldtsrus is 'n lieflike selfsorghuis wat in Lambertsbaai net 'n kort entjie se stap van die strand af geleë is. Dis ver weg van die stad se geraas af, so gaste kan luilekker ontspan hier by Leipoldtsrus.

Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 driekwartbeddens. Elke badkamer het 'n bad, 'n stort en 'n aparte toilet. Daar is dubbeldeure wat toegang bied tot die stoep met braaigeriewe en 'n groot, omheinde tuin. Die huis het ook 'n TV met volle DStv, 'n binnenshuise braaiplek en 2 toesluitmotorhuise.

Let asb. op: Dit is 'n selfsorg-eenheid. Gedurende die vakansieseisoen moet gaste hul eie handdoeke voorsien. Al die nodige beddegoed en handdoeke word voorsien, en 'n skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Braaiplek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leipoldtsrus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za