Leisure Bay 205

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Apr 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

Leisure Bay 205 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, 'n kuswoonbuurt met 'n pragtige uitsig op Tafelberg en die ideale bestemming vir gaste wat Kaapstad en die omliggende omgewing besoek. Die goue strand is ideaal vir watersport, soos seilplankry en vlieërbranderry en ander doendinge in die omgewing sluit vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet in.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede badkamer het 'n bad.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, breekware en eetgerei en die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met 'n bankie met sitplek vir 2 en ononderbroke uitsigte oor die oseaan en op die berg.

Slaapplek

'n Bespreking by Leisure Bay 205 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leisure Bay 205 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 184 R1 065 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Apr 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]