Leisure Bay 229

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Beskrywing

Leisure Bay 229 bied mooi vakansie verblyf in Milnerton. Leisure Bay is ideaal vir sakereisigers and ontspanningsreisigers aangesien dit die ideale ligging het: net 30 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe af en naby al die plaaslike geriewe.

Die slaapkamer is pragtig ingerig met 'n ekstra lang koninggrootte-bed, plafonwaaier, oorgenoeg kasspasie, 'n spieëltafel en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ruim kombuis, eetarea en sitarea is oopplan. Die kombuis is goed toegerus en die eetkamer het sitplek vir 3 mense. Die gemeubileerde sitkamer het 'n platskerm-TV teen die muur, sekere DStv-kanale en lei na 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die strand, die Atlantiese Oseaan, Tafelberg in die verte en, saans, die skitterende liggies van Kaapstad.

Die kompleks is op die MyCiti-busroete geleë sodat gaste maklik toegang kan verkry tot die geriewe en besienswaardighede in Milnerton, die Canal Walk-winkelsentrum in Century City, en al die opwindende doendinge in die Kaapse middestad.

Slaapplek

'n Bespreking by Leisure Bay 229 sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leisure Bay 229 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 105 R1 105 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za