Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leisure Beach House

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bournemouth-laan 730, Leisure Bay, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Leisure Beach House bied luukse selfsorgverblyf direk op Drake's Beach in Leisure Bay. Leisure Bay is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en bied asemrowende uitsigte en 'n lieflike tropiese klimaat. Die strandfronthuis is die perfekte plek vir 'n rustige vakansie by die see en gaste kan op die groot balkon ontspan en die walvisse en dolfyne in die branders dophou.

Die huis is in 2 afdelings verdeel - die boonste en onderste deel. Die boonste deel bied slaapplek aan 12 gaste en die onderste dee bied slaapplek aan 8 gaste. Die dele kan apart of saam gehuur word om groter groepe van 20 te akkommodeer, wat dit 'n ideale plek maak vir 'n intieme strandtroue of 'n familie-wegbreek.

Die boonste deel beskik oor 6 slaapkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan-eetarea en -sitarea. Die leefarea lei na 'n groot balkon met 'n onbelemmerde uitsig oor die see.

Die onderste deel beskik oor 4 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea wat na 'n stoep en braai-area lei.

Albei dele is met moderne geriewe soos WiFi, DStv, en 'n boekrak in die leefarea toegerus. Daar is ook motorhuisparkeerplek en ekstra onderdakparkeerplek vir 4 voertuie agter 'n geslote hek. Die huis word deur 'n toegewyde sekuriteitswag beveilig en dit is aan 'n betroubare sekuriteitsmaatskappy gekoppel, wat die veiligheid en gemoedsrus van gaste verseker. Daar is ook 2 skoonmakers wie se dienste ingesluit is.

Die huis is met 'n omsetter en batterye toegerus om die impak van beurtkrag te verminder. 'n Boorgat met 'n filtrasiestelsel verseker deurlopende en betroubare watertoevoer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir Leisure Beach House
Netheid
4.4/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Judy-marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Jaar gelys 10

Ligging

  • Bournemouth-laan 730, Leisure Bay, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Leisure Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bournemouth-laan 730, Leisure Bay, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA50c7dc2368f2976f772a4280699f9be02bcf5354022f4194106e1ce539c5be068b0afee491946a2003218be9688a4cbf1de8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 8) 14 5 1 5 730 Bournemouth ave Leisure Bay 4278 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.029101824977 30.240291634532
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem