Lekker by die See 152
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 152 Kerry Laan, Black Rock, Port Edward, 6059, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lekker by die See 152 is 'n selfsorg mini resort. Dit bestaan uit 1 vakansiehuis en 1 Log cabin in Port Edward. Port Edward is tussen die Indiese Oseaan en die heuwels van KwaZulu-Natal en bied 'n oorvloed van warm sand, natuurreservate en staproetes wat sorg vir 'n uitsonderlike vakansiebestemming.
Verblyf is beskikbaar in 'n drieslaapkamerhuis met slaapplek vir 8 gaste en 'n houthuise vir 2 gaste. Die eenhede kan as geheel of individueel bespreek word. Dit spog met 'n gedeeltelike uitsig oor die see vanaf die stoep. Hier is 'n swembad, asook 'n boma vir buite braai. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 driekwartbeddens. Die slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad en stort het.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolf toegerus. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Verder is daar veilige parkeerplek beskikbaar.
Die houthuisie het slaapplek vir 2 persone. Dit bestaan uit 'n dubbelbed en twee stoele met tafeltjie, 'n weber vir braai buite en 'n tuin badkamer wat uit 'n stort en toilet bestaan.
Besienswaardighede in die area sluit die waterpark, gholfklubs, natuurreservate, diereplase, strande, die Wild Coast Casino en historiese plekke in.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Erf 152 Kerry Laan, Black Rock, Port Edward, 6059, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Lekker by die See 152 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 152 Kerry Laan, Black Rock, Port Edward, 6059, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom