Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lekkerbly Chalet Gastehuis

Gastehuis

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Heleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Jaar gelys 11

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 37 resensies vir Lekkerbly Chalet Gastehuis
Netheid
4.2/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.8/5
Eugene P - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Eugene P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ek sal aanbeveel hulle belê in 'n nuwe matras vir eenheid 11.

Matras was pap. Geen beheer oor ander gaste wat raas en kardeure toeklap in vroeë oggendure nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Goeie middag Mnr. Baie dankie vir u terugvoer oor u verblyf by ons. Ons is jammer om te verneem dat die matras nie volgens u standaard was nie. Ek sal beslis die bed omruil met 'n ander chalet se bed. Die bed is egter net 3 maande oud en ek sal in die toekoms nie weer daai maak aankoop nie. Ons vra groot onverskoning vir u ongerief. In verband met die ander gaste wat geraas het, vra ons ook nederig omverskoning. Ek het aan hulle firma terugvoer gegee oor hulle gedra, en glo dit sal nie weer in die toekoms gebeur nie. Daaroor vra ons ook nederig omverskoning. Kan ons dalk vir u 'n gratis nag aanbied om te vergoed vir u ongerief? Daar is duidelike reels wat hulle nie nagekom het nie. Vriendelike groete Heleen

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Altus P - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Altus P
Enkelreisiger

Gerieflik en stil.

Baie aangename en lekker plek om te bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie Altus, ons hoop om jou weer eendag hier te ontvang

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Ivy M - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ivy M
Saam met vriende

Peaceful.

The place is neat and everything was perfect, the linen, the setting. Our husbands can't stop talking about the "friendly man' who was showing them the bar and teaching them. We would definitely come back again.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Good afternoon,

Thank you for your review and we hope to see you in the future again.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Marlize W - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlize W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjiese plek, veilig en rustig.

Die waaier het nie gewerk nie, en die drein is verstop. Maar geen klagtes van enigiets anders nie. Ek sal beslis Lekkerbly Chalet Guest House aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer Marlize. Ons is jammer oor die ongerief. Die waaier was nie ingeprop nie, aangesien die lugversorger daar is en mense nie meer die waaier gebruik nie. Ons is jammer oor die verstopte drein en gee onmiddelik aandag daaraan. Dankie ook vir goeie review.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
San-mari K - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
San-mari K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig. Mooi. Skoon.

Rustige area, mooi omgewing, skoon geriewe.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie vir u terugvoer San-Mari.

Ons streef altyd daarna om slegs die beste te lewer vir ons kliente.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Eckhardt D - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Eckhardt D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goed en gerieflik, maar kan verbeter op detail rakende die aircon, WiFi, ens.

Vriendelike gasheer. Al probleem was dat die aircon, die fan en die WiFi nie gewerk het nie. Verder was alles lekker.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Goeie middag,
Dankie vir u terugvoer. Ons het nou sopas die aircon en die fan getoets en beide is in werkende toestand. Miskien het gaste die prop agter die bed uitgetrek, dit is hoekom die aircon en fan nie gewerk het nie. Ek weet alle aircons se knoppies werk nie presies dieselfde nie, en dit kan dalk ook 1 rede wees. Saterdag was die internet heeldag af, aangesien Telkom aan die drade gewerk het. Daarvoor vra ons groot omverskoning.
Ons vra omverskoning oor bovermelde tekorte

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Jorita V - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Jorita V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie wat ons verwag het nie.

Teleurstellend indien dit met plekke waar ons vantevore vir selfde prys gebly het, vergelyk word.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Goeiemiddag,
Ek is werklik jammer om te verneem die gaste was nie tevrede met ons plekkie nie. Ons was ongelukkig nie tuis toe hulle aangemeld het nie, maar my kleinseun het aan hulle die chalet gewys. Met ons terugkeer van die dorp af, het ek persoonlik gaan navraag doen of hulle tevrede is en of hulle iets kort. Daar was nooit 'n klagte by die kantoor ingedien dat hulle ontevrede is nie. Indien dit die geval sou wees, sou ons uit ons pad gaan om hulle verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Ons vra weer omverskoning.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Ida J - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Ida J
Enkelreisiger

As die hoender gaan, sal ek weer gaan.

Dit was 'n baie oulike en netjiese plekkie, my een probleem was dat elke oggend ek wakker gekraai was deur 'n hoenderhaan, en teen oggend 3 was ek nie gelukkig nie. Daar was ook net een keer koffie in die kamer gesit, moes my eie koffie en melk aankoop.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Beste Ida,

Baie dankie vir u terugvoer.

Ek vra groot om verskoning vir die hoender se kraai, maar dit is ongelukkig nie ons hoender nie. Ek het al meer as een keer die bure versoek om ontslae te raak van die hoenders, maar sonder sukses.

Dit is 'n selfsorgeenheid en ons plaas slegs met aankoms koffie ens. U was egter welkom om ons te nader vir meer koffie ens. wat ons met graagte sou verskaf.

Ons bied weereens ons verskoning aan vir die ongerief.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Elisma O - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elisma O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Voorreg gewees!

Dankie oom Blackie en daai mooi vrou van oom, lekker gekuier en gelag, dankie vir gasvryheid, julle is tops!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie vir julle positiewe terugvoer, Louis. Dit was voorwaar vir ons 'n groot voorreg om julle hier by ons te kon ontvang. Julle kuiertjie in die ontspanning area die laaste aand, was vir ons net so genotvol as vir julle. Hoop om julle in die toekoms weer te sien.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Heinrich H - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Heinrich H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie gemaklik.

Blyplek was mooi skoon, alles was in werkende toestand soos bv. TV, lugverkoeling, yskas ens. Daar is afdakke vir die voertuig. En 'n lekker swembad om in af te koel. Mens voel ook veilig. Ons het baie lekker oorgeslaap.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie Heinrich, vir jou positiewe terugvoer. Ons streef altyd daarna om nog beter diens te lewer. Ons hoop ons kan weer van diens wees in die toekoms.
Vriendelike Bosveld-groete

Heleen

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Alwine E - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alwine E
Enkelreisiger

Vriendelike diens en heerlike nagrus.

Sal Lekkerbly Chalet Guest House definitief aanbeveel. Waarde vir geld en vriendelike diens.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anonieme gas - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Anonieme gas
  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Charlotte C - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Charlotte C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Onder standaard.

Goedkoopste koffie ens. Ek gebruik sommer my eie wat ek saamgeneem het. Ons moes twee keer vra vir toiletpapier. Hierdie plek moet liewer sê jy moet jou eie toilet papier bring. Nog nooit so suinige storie ervaar nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Frikkie P - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Frikkie P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het heerlik gebly, die eenhede was netjies en skoon.

Ons het heerlik gebly, die eenhede was netjies en skoon, die perseel is veilig met genoeg parkering.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie vir u positiewe terugvoer

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Bets K - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bets K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beslis die moeite werd.

Baie dankie. Ons was net vir 'n naweek daar, maar sal beslis in die toekoms weer van Lekkerbly gebruik maak. Alles is skoon en netjies. Die komplimentêre koffie/tee/suiker is 'n absolute mooi gebaar wat opreg waardeer word al was dit nie nodig nie, veral omdat ons in 'n selfsorgeenheid gebly het. Sal julle beslis aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie Bets, ons streef altyd daarna om uitstekende diens vir ons kliënte te gee en sal beslis 'n ekstra myl loop om dit vir almal te doen. Dankie vir jou positiewe terugvoer.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Johann V - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was heerlik, gasvry en wonderlike kuier. Baie dankie.

Lekkerbly Chalet Guest House is presies wat dit sê, jy bly so lekker jy wil amper nie eers ry nie. Baie dankie aan die gasheer en gasvrou julle was regtig fantasties.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie Johann. Dit was heerlik om julle hier te kon hê. Ons het as vreemdelinge bymekaar gekom en as groot vriende, al amper familie uit mekaar gegaan. Baie dankie die kuiertjies was heerlik.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Renet K - Jan 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Renet K
Saam met vriende

Skoon, fantastiese verblyf.

Baie lekker gebly by vriendelike mense en eenheid was pragtig skoon. Sal dit vir enige iemand aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie Renet.

Ons probeer altyd om ons dienste te verbeter.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Jaco M - Okt 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jaco M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker verblyf. Goed geleë.

Die kamer is skoon en netjies.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie Jaco ons streef daarna om altyd ons beste te lewer.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Ronel T - Okt 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ronel T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige, stil omgewing met baie skoon en netjiese kamer.

Ons het baie lekker geslaap. Dit was doodstil en dit is naby alles, sal dit aanbeveel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie, ons streef altyd om beter diens te lewer.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Henk O - Aug 2016
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Henk O
Saam met vriende

Beslis nie vyfster gehalte nie.

Daar was slegs een klein sepie in die badkamer. Geen sjampoe,koffie, tee en melk was nie voldoende voorsien nie. Geen gebottelde water nie. Die badkamers is baie beknop en matjies vuil en stukkend.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Daar word daaglike 1 sepie per kamer uitgesit en nie in die badkamer soos wat beweer word nie, maar wel op die handdoeke wat op die bed lê. Die seep hou 'n persoon vir ten minste 4 wasse. Die Chalet is 'n selfsorg eenheid. Die badkamer is standaard grootte soos wat enige chalet se badkamer is. Dit is 5 vk.meter. Die dame het gesê hulle drink baie koffie en ek het aangebied om vir hulle meer te gee, indien hulle meer sou verlang. Sy het nooit na die kantoor gekom om ekstra koffie of tee te kom vra nie, soos ek hulle versoek het, indien hulle iets nodig sou kry. My woorde aan haar was, "kom asseblief na die kantoor indien u iets verlang of iets is nie reg nie". Ek voel dat indien jy 'n selfsorg-eenheid bespreek jy jou eie koffie en tee moet verskaf, maar ten spyte daarvan het wel elke dag wat hulle hier was, 2 koffies, tee en melkies per persoon uitgesit het, met suiker, wat ons nie nodig het om te doen indien dit selfsorg is nie. Die mense het dadelik, nadat hulle hier aangekom het, gery om na die Kaboemfees toe te gaan. Ek was persoonlik in die badkamer en het nou weer so pas gaan kyk. Daar is niks fout met die matte in die badkamer nie en dit is skoon en heel. Ek slaap gereeld in gastehuise en hotelle en het nog nooit gebottelde water gekry nie. Hoekom het hulle dit nie versoek teen 'n prys nie. Daar is wel water in waterbottels in die yskas se deur wat daagliks vars uit ons boorgate gevul word. Ons het skaars die gaste gesien want hulle het in en uit beweeg gedurende die naweek. Ek voel dit is erg onregverdig om op hierdie blad te kla as hulle nie persoonlik met ons kom gesels het nie. Hulle het baie vrolik hier opgedaag en ek het aangeneem alles is reg, aangesien hulle in 'n baie vrolike buie was. Ek het nog die 3de paartjie wat hier saam met hulle gekom het, na 'n ander chalet geskuif aangesien ek gemerk dat een van die persone 'n bad in plaas van 'n stort sou nodig kry. Ek het hulle in 'n familie eenheid gesit teen geen ekstra koste nie. Volgens my is hierdie kommentaar van die gas ongevraagd en sal ek dit verkies indien sy my sal skakel sodat ek haar werklike klagtes kan aanhoor.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Andrew M - Jan 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Andrew M
Saam met vriende

Goeie fasiliteit!

Die eienaar het moeite gedoen om my te laat welkom voel en het uit sy pad gegaan om my by te staan met die aanmeldingsproses ten spyte van die feit dat ek laat in die namiddag opgedaag het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Baie dankie ons help graag altyd waar ons kan.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Daleen D - Sep 2015
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Daleen D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Opknapping nodig.

Ellendige hoenderhaan êrens kraai van vroegaand dwars deur die nag. Baie klein. Ek dink die tariewe is te hoog in vergelyking met ander plekke waar ons gebly het wat 4 ster is en goedkoper tariewe het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Lekkerbly Chalet Gastehuis se terugvoer

Ongelukkig kan ek nie instaan vir 'n ander persoon se hoenders wat kraai nie. Ons het al ons bure herhaaldelik versoek om ontslae te raak van die hoenders, maar ongelukkig wil hulle nie. As ek die gas se van kan kry sal ek weet in watter eenheid hulle geslaap het. My eenhede is groter as die normale gastehuise wat net 'n kamer het. My eenhede het 'n kamer met 'n aparte badkamer asook 'n aparte kombuis. Die totale vloer oppervlakte is 50vkm. wat volgens my redelik groot is in vergelyking met net 'n kamer wat ongeveer 15 vkm is.

Lekkerbly Chalet Gastehuis
Dawie B - Sep 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Dawie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangenaam en netjiese woonstel.

Puik, die eenheid kort net 'n nuwe matras.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marietjie S - Jun 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marietjie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende diens en wonderlike gasvryheid!

Sien die sterre.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Melt M - Mei 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Melt M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Een aand oorgeslaap.

Ons is bejaarde mense en kan nie so lekker sien in die donker om te bestuur nie. Ons het 14:04 aangemeld en gevra vir aandete. Die dame aan diens was nie bereid om ons te akkommodeer nie. Ons is ingelig dat haar afsluit tyd 12:00 is, sy het ons verwys na Ocean Basket in die Mall maar toe ons 17:45 daar aankom was daar 2 motors en die mense van die apteek was net besig om in te klim en het weggery. Ons het verder gery op soek na 'n Spur. Ek het 'n rugprobleem en die matras in nommer 1 was vreeslik ongemaklik. Ek voel ook dat hulle foto's van die badkamer moet wys want dit komplimenteer nie die slaapkamer nie - wat met moeite en smaak vrolik gemaak is. Die ontbyt is lekker en baie groot, ons kon nie die kos alles opeet nie. Die gasheer en gasvrou was nie baie vriendelik nie. Ek sal nie weer daar oorbly nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Monique J - Mrt 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Monique J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was rustig en gemaklik.

Dit was heerlik, kamers was lekker verkoel toe ons daar aankom in die hitte.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Andre S - Nov 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Andre S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Net te kort!

Vreeslike gasvrye eienaars, goeie diens!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Susan D - Okt 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Susan D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nog oorgeslaap - slaapplek was goed ingerig.

Baie netjies blyplek en vriendelike gasvrou.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Corni B - Aug 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corni B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het tuisgegaan in een van die chalets wat pragtig is. Die gasvrou en -heer is baie aangename mense.

Ons was vir 'n troue in die area. Ek het egter my uitrusting vir die troue by die huis vergeet, maar die gasvrou van Lekkerbly het van haar uitrustings vir my uitgehaal en kon kies watter een ek wil gebruik. Nylstroom het van die mees gasvry en vriendelikste mense. Lekkerbly sal enige tyd aanbeveel word veral die losstaande chalets wat baie gerieflik, netjies en pragtig is.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ampie L - Jul 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ampie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie gerieflik en lekker!

Dit voel soos in jou eie woning!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Gerhard C - Jul 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard C
Besigheidsreis

Aangenaam en baie vriendelike diens!

Sien die sterre hieronder.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Annemarié J - Jun 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annemarié J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker, gerieflik, gasvry, behulpsaam.

Het dit baie geniet. Doe zo voort!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elsabe M - Mei 2014
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
Elsabe M

So-so.

Sien die sterre hieronder.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Raleen J - Mrt 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Raleen J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die ontvangs was goed en alles was skoon. Ongelukkig was die matras nie op standaard nie.

Die gasheer en -vrou was vriendelik en gasvry en totaal op standaard. Die huisie was skoon. Die matras was net OP.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Johan W - Mrt 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan W
Saam met vriende

Goeie waarde en lekker geslaap!

Ek sal Lekkerbly voorstel aan enige persone wat in Nylstroom wil oornag.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Liezl S - Des 2013
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Liezl S
Gesin met klein kinders

Skoon, maar oud en afgeleef.

Sien die sterre hieronder.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Mardine M - Nov 2013
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Mardine M

Ons was 'n groot groep en als was goed.

Ons sal weer daar oornag.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 050
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rupertstraat 10, Nylstroom, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFiYTNiNzJhLTlkNDMtNDMyMS1iZmE3LWE4YmQ3ZDAyMmNmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 37 5 1 5 10 Rupert Street Nylstroom 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -24.698611111111 28.4
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem