Lemon Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lemon Cottage is 'n lieflike selfsorgkothuis vir 3 gaste in die boomryke voorstad Kenever, Bellville geleë.

Dié kothuis het 2 slaapkamers wat 'n badkamer deel. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 'n enkelbed. Die badkamer het 'n stort en 'n wasmasjien en water moet asb. spaarsamig gebruik word. Skoon handdoeke kan op versoek voorsien word.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n skottelgoedwasser toegerus.

Die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder, -afstandbeheer en -slimkaart saam te bring. WiFi is beskikbaar.

Die kothuis lei na 'n buite-area met stoele, Weberbraaigeriewe en 'n draagbare wasgoedlyn. Die kothuis het 'n alarmsisteem en veilige parkeerplek is beskikbaar. Klein en goedgemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Lemon Cottage is 2 km van die Tygervallei Winkelsentrum en die Willowbridge Sentrum af. Die instansie is 3 km vanaf die N1 en slegs 5 km vanaf die Durbanville Mediclinic. Bellville bied 'n verskeidenheid doendinge soos voetslaanroetes, bergfietsroetes, winkels en restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by Lemon Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lemon Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za