LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Leopard Tree Corner | LekkeSlaap
+13

Leopard Tree Corner

13 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leopard Tree Corner No 2, De Villiers-straat, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 9
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Leopard Tree Corner is in Franschhoek geleë en dié gastehuis bied slaapplek aan 4 gaste in 2 ruim kamers. Ideaal vir ’n gesin of vriende.

Verblyf is beskikbaar in 2 slaapkamers. Kamer 1 is het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en lei na 'n balkon met 'n uitsig op die Mont Rochelle-berge. Die kamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Kamer 2 het ook lugversorging en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n wasbak.

Gaste het toegang tot WiFi, die swembad en die tuin. Daar is nie TV in die kamers nie. Gratis parkeerplek is beskikbaar op die perseel vir 3 of 4 voertuie wat behoorlik parkeer is.

Leopard Tree Corner is stapafstand vanaf die dorpie en 1,5 km van die Franse Hugenotemonument. Dis ook reg oorkant die Franschhoek-wyntremstasie. Daarom kan gaste na die stasie stap om die wynproe-ervaring te begin en nie bekommerd hoef te wees oor die huis toe ry nie. Op dié wandeling na die dorp sal gaste verby geskenkwinkels, galerye, restaurante, geskiedkundige kerke en die Hugenotemusuem stap. Daar is 'n toek-toek vir gaste wat die omgewing wil verken. Franschhoek word nie om dowe neute die fynproewerskern van Suid-Afrika genoem nie en daar is van topklasrestarante tot gesinsvriendelike eetplekke soos Colcacchios of Old Wine Company's se heerlike pizza's in 'n 2 km-radius van die gastehuis af. Gaste kan ook verskeie wynplase in die omgewing besoek en moet onthou om vroegtydig 'n bespreking vir die gewilde wyntrem te maak in spitsseisoentyd.

Die verblyf is in 'n dorp wat deur pragtige berge, wingerde en boorde omring word.

Kenmerke

Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 13 resensies vir Leopard Tree Corner
Netheid
4.9/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Leopard Tree Corner No 2, De Villiers-straat, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Leopard Tree Corner het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leopard Tree Corner No 2, De Villiers-straat, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 9
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsSDtcjseWShVqC2PYOWaW7MRL8BmUwSC5lBABWknVA0bDHNTWl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 No 2 Leopard Tree Corner De Villiers Street 7690 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -33.905097554713 19.11342490734
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!