Lepel Lê

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lepel Lê is in die klein dorpie Sutherland geleë wat bekend is vir sy oop en helder hemelruim. Dit is die ideale plekkie om weg te breek. Die lug is vars en daar is 'n definitiewe kans vir sneeu in die winter.

Ons bied akkommodasie in 2 eenhede aan. Die hoofhuis en die kothuis langsaan kan saam of apart verhuur word. Die hoofhuis het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan altesaam 7 persone. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 1 stapelbed. Die badkamer het 'n toilet, stort en bad. Daar is 'n leefarea met 'n kaggel vir koue aande en 'n TV sodat jy kan flieks kyk indien jy hulle saambring op 'n geheuestokkie. Daar is 'n eetkamer en kombuis met alles wat jy sou benodig vir selfsorg insluitend 'n oond en breekware.

Die kothuis het slaapplek vir tot 2 persone. Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer. Daar is 'n oop eetarea langs die slaapkamer met 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaat-gasstofie, 'n gasketel en breekware. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort.

Beddegoed en handdoeke word voorsien vir jou gerief. Daar is 'n gemeenskaplike braai-area op die perseel, wat gedeel word deur die huis en die kothuis. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lepel Lê gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]aap.co.za

// Hotjar AB false