Platorand Akkommodasie by Lepêllê Lodge | LekkeSlaap
+6
+6

Lepêllê Lodge

5 resensies
Wildsplaas
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 22 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lepêllê Lodge, Burgersfort , 1150, Limpopo

Beskrywing

Lepêllê Lodge is in die hartjie van Mpumalanga geleë en gaste word genooi om te ontspan met die ritme van die Spekboomrivier soos dit teen die klippe afloop en deur die majestueuse landskap kronkel. Lepêllê beteken "die een wat stadig en statig loop".

Ons beveel 'n 4x4 of 'n voertuig met hoë grondvryhoogte aan vir die pad na Tholo Tented Camps.

Akkommodasie word aangebied in 3 en suite-chalets en 4 tentkampe. Daar is geen TV's of radios in die kamers nie aangesien ons wil hê gaste moet so na as moontlik aan die natuur voel. Alle kamers is gemeubileer en word daagliks skoongemaak.

In die middag word daar mengeldrankies op die terras en dek bedien. Die dek het ongelooflike uitsigte oor die bos en die waterval, wat omring is deur enorme rotse. Gaste kan aandete in die restaurant eet en daar is ook saans 'n vuur in die lapa waar gaste kan kuier. Daar is 'n swembad op die perseel, en ander doendinge sluit die volgende in: voëlkyk, kunsvlieghengel, begeleide staptoere, skilderagtige ritte en vlotvaarte saam met 'n geregistreerde riviergids.

Wildritte is op versoek beskikbaar. Vir groepe tussen 6 - 10 mense kan daar 'n kort toer gereël word deur die dag na van die mooiste plekke in Mpumalanga.

Lepêllê Lodge is die perfekte bestemming om die ander besienswaardighede in die omtrek te besoek, onder andere God's Window, Bourke's Luck Potholes en Pelgrimsrus. Lepêllê is minder as 2 ure van al hierdie plekke af en 185 km van die Krugerwildtuin af.

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 5 resensies vir Lepêllê Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Lepêllê Lodge, Burgersfort , 1150, Limpopo
  • Gaste dink Lepêllê Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Platorand Limpopo
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lepêllê Lodge, Burgersfort , 1150, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzYTlmNGFkLWVlOWYtNGE0OC04MjUwLTc2M2M3N2NjYzkxMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 4.6 Lepêllê Lodge Burgersfort 1150 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.755721985869 30.381668508053
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za