Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lesedi Lodge

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sondela Natuurreservaat, Lesedi 67, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Geen kinders onder 5
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Lesedi Lodge is in die Sondela Natuurreservaat in Limpopo, net buite Bela-Bela. Dié lodge is sowat 90 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Die eenheid het slaapplek vir 8 en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n solder. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort en dubbelwasbak. Dié badkamer lei na 'n buitestort. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, dubbelwasbak en toilet.

Die solder het 'n dubbelbed, 2 slaapbanke, tafels met stoele en ingeboude kaste, asook 'n privaat badkamer met bad, toilet en wasbak. Die solder kamer is nie toegebou nie maar is heeltemal privaat. Die solder lei na 'n houtdek met 'n tafel en stoele, en 'n uitsig oor die boma-area en watergat.

Die kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, mikrogolf, yskas, potte, eetgerei en breekware. Daar is 'n aparte opwasarea met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die sitkamer het 3 dubbelrusbanke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en DVD-speler. Daar is 'n kas met bordspeletjies, legkaarte en verskeie leesboeke en tydskrifte in hierdie vertrek. Daar is ook 'n stoep met 'n etenstafel vir 8, 'n dubbelrusbank, koffietafel en ingeboude braai. Die stoep kan met seilblindings toegemaak word.

Daar is 'n batterystelsel met 'n omsetter vir beurtkrag. Die oond/stoof is nie gekoppel aan die battery nie en sal dus nie gebruik kan word tydens beurtkrag nie.

Daar is ook 'n boma met 10 stoele rondom die vuurput. Linne en handdoeke word voorsien. Bring eie swemhanddoeke saam.

Sondela Natuurreservaat bied verskeie wild, voetslaan in die natuur, bergfietsroetes, wildritte, perdry, 4x4, swem, tennis, 'n spa, en 'n wildrehabilitasiesentrum wat besoek kan word.

Slaapplek

’n Bespreking by Lesedi Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 18 resensies vir Lesedi Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Sondela Natuurreservaat, Lesedi 67, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Lesedi Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sondela Natuurreservaat, Lesedi 67, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Geen kinders onder 5
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf8ZuLRrUKDLpWURNVSYFBbXi0Zxg4FDJX7f8wKkrsisztUKewK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 18 5 1 5 Sondela Nature Reserve 67 Lesedi 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -24.92131 28.405725