Leselo La Bontshi Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ervaar ons wonderlike, onvergeetlike, sonsondergange oor die magtige Olifantsrivier terwyl jy skemerkelkies op jou dek onder groot, skaduryke bome geniet. Groblersdal is bekend vir sy vrugbare voëllewe en hier by Leselo Lodge is geen uitsonderings.

Vir die meer energieke! Geniet wandelings, rivier- en damvisvang of fietsry. Visspesies wat gevang kan word is: Katvis, Kurpers, Karp en Swartbaars. Ons is geleë tussen Middelburg en Groblersdal, naby Loskopdam en slegs 2,5 ure se ry van Johannesburg.

Akkommodasie (selfsorg) aan die oewer van die Olifantsrivier is 2 volledig gemeubileerde luukse huise (onderskeidelik slaapplek vir 6 en 4) met en suite-badkamers, buite-storte, volledig toegeruste kombuise, houtdekke met ingeboude braai en beperkte DStv. Tussen hierdie 2 huise is 'n swembad wat 'n pragtige uitsig van die rivier en omliggende welige bosveld het. 'n Gasbraaier is beskikbaar by die swembadarea vir jou gerief.

Ons Bush Camp, weggesteek tussen die bome, bestaan uit 4 luukse tente met en suite-badkamers (storte), yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n veranda buite. Ons tente het almal grasdakke wat hul koel in die somer en warm in die winter maak. Elke tent is ook toegerus met 'n infrarooi verwarmer. Die gemeenskaplike kombuis is volledig toegerus en spog met 'n ingeboude gasbraaier, yskas en vrieskas. Ontspan in die boma terwyl die kinders die swembad geniet of kyk televisie in die lapa. Daar is geen televisies in die tente nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leselo La Bontshi Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za