Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lewens-Essens B&B on C

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutie Katz-straat 75, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lewens-Essens B&B on C is in die dorpie Yzerfontein, 'n 'n juweel aan die Weskus. Die 180º-uitsig en die sonsondergange is asemrowend. Dié B&B is aan die seefront, minder as 20 m van die rotse en die see af en al die kamers het pragtige uitsigte.

African Room is op die grondverdieping. Dié kamer het sy eie ingang en 'n skuifdeur wat oopmaak op 'n privaat patio met stoele, tafel en sambreel. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke kamer het 'n TV met die volle DStv-pakket, gratis WiFi-toegang, haardroër, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Master Bedroom is ingerig vir gaste wat op soek is na luukse en gerief. Dié kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, en dubbelwasbak. Skuifdeure lei na die balkon. Die volgende geriewe is beskikbaar: 'n TV met volledige DStv, gratis WiFi, haardroër, mikrogolf, eetgerei, breekware, en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.

Verken die kus al langs die wit strande, sluit aan by 'n bootvaart na Dasseneiland, of geniet die seelewe in die rotspoele. Aangesien hier geen straatligte is nie, is die maanlig werklik iets om te beleef. Die staproete loop voor die huis verby al langs die see, die fynbos en die blomme.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 58 resensies vir Lewens-Essens B&B on C
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 58

Jaar gelys 13

Ligging

  • Lutie Katz-straat 75, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lewens-Essens B&B on C het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutie Katz-straat 75, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ0MGYxMTAwLTZjMTQtNDBhYy1hMGE1LTdiNmQ0MWI4YWU3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 58 5 1 5 75 Lutie Katz Road Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.352940098327 18.148928582668
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem