Lewens-Essens on C

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lewens-Essens on C is ideaal vir diegene wat wil wegbreek uit die stad en op soek is na 'n vreedsame, privaat plek sonder om langer as 'n uur agter die stuur te sit. Yzerfontein is 'n klein dorpie en 'n juweel aan die Weskus.

Ons ons trots daarop om jou by Lewens-Essens on C te verwelkom, hier waar jy rus vir jou siel sal vind. Lewens-Essens bied 'n 180º-uitsig en die sonsondergange is asemrowend. Dié B&B is aan die seekant, minder as 20 m van die rotse en die see af en al die kamers het pragtige uitsigte.

African Room is op die grondvloer. Dié kamer het sy eie ingang en 'n skuifdeur wat oopmaak op 'n privaat patio met stoele, tafel en sambreel. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke kamer het 'n TV met volledige DStv-kanale, gratis WiFi-toegang, haardroër, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Master Bedroom is ingerig vir gaste wat op soek is na luukse en gerief. Dié kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, en dubbelwasbak. Skuifdeure lei na die balkon. Die volgende geriewe is beskikbaar: 'n TV met volledige DStv, gratis WiFi, haardroër, mikrogolf, eetgerei, breekware, en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.

Verken die kus al langs die wit strande, sluit aan by 'n bootvaart na Dasseneiland, of geniet die seelewe in die rotspoele. Aangesien hier geen straatligte is nie, is die maanlig werklik iets om te beleef. Die staproete loop voor die huis verby al langs die see, die fynbos en die blomme.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lewens-Essens On C gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za