Libertas House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Libertas House bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis in Karindal, Stellenbosch. Dis naby bergstaproetes en die Eersterivier.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers. Die eerste kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n kot. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde kamer het 'n enkelbed. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n koffiemasjien, mikrogolf, yskas, oond, stoof en skottelgoedwasser. Die oopplan-leefarea lei na die tuin.

Die huis bied WiFi, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, kaggel, verhitting, linne en badhanddoeke. Daar is ook 'n oppervlak waarop 'n baba se doek omgeruil kan word, kinderboeke, speelgoed en kindereetgerei en -breekware.

Dis 750 m vanaf Lanzerac Wynlandgoed en Restaurant en 2 km vanaf Universiteit Stellenbosch. Die dorp bied verskeie restaurante, winkels en koffiewinkels en is net 2,8 km van die huis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Libertas House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Libertas House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za