Liedjiesbos B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ontspan in die son en ervaar ware Vrystaatse gasvryheid. Verken die perseel of wandel deur ons inheemse tuin voordat jy jou voete laat rus in 'n kruie-voetbad terwyl jy die pragtige Vystaatse sonsondergang aanskou.

By Liedjiesbos wy ons ons daaraan toe om die omgewing te bewaar. Hierdie denkwyse inspireer ons om slegs inheemse plante te plant en sover moontlik net van natuurlike produkte en metodes gebruik te maak.

Ons het in 2008 begin om honderde inheemse bome en struike te plant en gaan steeds daarmee voort. Wat voorheen landbougrond was, sal mettertyd 'n inheemse bos wees om 'n tuiste te bied aan talle voëls, insekte en ander klein diertjies. Dis hoe die naam Liedjiesbos tot stand gekom het - liedjies wat uit die bos uit kom. Eendag sal ons weer die natuur se stem kan hoor!

Die geboue op die perseel is ou skure wat omskep is in funksionele, argitektoniese strukture wat met die omgewing saamsmelt. Die argitekte Jan en Petria Smit het dit só ontwerp om so min as moontlik energie te verbruik om die binnekant te verhit of te verkoel. Die meeste van die oorspronklike boumateriale is hergebruik of herwin, en energiebesparende toestelle en sonkrag-geysers is geïnstalleer om omgewingsvriendelik te wees.

Die interieur weerspieël die eienaars se liefde vir kuns, oudhede en reis. Die dekor kombineer oud, nuut, Afrika, Egipte, China, Viëtnam en veel meer. Al hierdie elemente skep 'n interessante omgewing met 'n sjiek dog gerieflike atmosfeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Liedjiesbos B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za