Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Liedjiesbos Urban Olive Farm

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R1 880 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ontspan in die son en ervaar ware Vrystaatse gasvryheid by Liedjiesbos Urban Olive Farm. Verken die perseel of wandel deur die inheemse tuin voordat jy jou voete laat rus in 'n kruie-voetbad terwyl jy die pragtige sonsondergang aanskou.

By Liedjiesbos is die fokus op die omgewing. Hierdie denkwyse inspireer hulle om slegs inheemse plante te plant en sover moontlik net van natuurlike produkte en metodes gebruik te maak.

Liedjiesbos het in 2008 begin om honderde inheemse bome en struike te plant en gaan steeds daarmee voort. Wat voorheen landbougrond was, sal mettertyd 'n inheemse bos wees om 'n tuiste te bied aan talle voëls, insekte en ander klein diertjies. Dis hoe die naam Liedjiesbos tot stand gekom het - liedjies wat uit die bos uit kom.

Die geboue op die perseel is ou skure wat omskep is in funksionele, argitektoniese strukture wat met die omgewing saamsmelt. Die argitekte Jan en Petria Smit het dit só ontwerp om so min as moontlik energie te verbruik om die binnekant te verhit of te verkoel. Die meeste van die oorspronklike boumateriale is hergebruik of herwin, en energiebesparende toestelle en sonkrag-geysers is geïnstalleer om omgewingsvriendelik te wees.

Die interieur weerspieël die eienaars se liefde vir kuns, oudhede en reis. Die dekor kombineer oud, nuut, Afrika, Egipte, China, Viëtnam en veel meer. Al hierdie elemente skep 'n interessante omgewing met 'n sjiek dog gerieflike atmosfeer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 77 resensies vir Liedjiesbos Urban Olive Farm
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Liedjiesbos Urban Olive Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 880
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 880
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUwZGIxNDZhLTU5ZGUtNDI0Ny04OWFjLWE5ZTgxMjVmYzFkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 880 per nag, vir 2 mense 77 5 1 5 13 Frans Kleynhans Road Groenvlei 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.052543862998 26.168063602183