Life is for Living Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Life is for Living Lodge is in die Kaapse Wynlande sowat 7,3 km vanaf die historiese dorp, Paarl, en 9,1 km vanaf Wellington. Die area is bekend vir asemrowende berge en die omgewing se rustigheid.

Die lodge is in 'n stil woonbuurt met kleurvolle tuine vol voëllewe geleë. Verblyf word in 5 en suite-gastekamers met 'n stort, wasbak en 'n toilet in elk, gebied. Elke kamer het 'n haardroër, gratis WiFi, 'n kluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamers het lugversorging of plafonwaaiers.

Die meeste van die kamers lei na 'n uitsig waar gaste die sonsopkoms kan aanskou. 'n Heerlike ontbyt is opsioneel beskikbaar en word in die ontbytkamer bedien. Gaste kan kies tussen kaas- of vleisborde wat saam met varsgebakte brood, konfyt, botter, vars vrugte, jogurt, vrugtesap, koffie of tee bedien word. Ontbyt kan vooraf gereël word teen 'n ekstra koste.

Die lodge bied privaat parkeerplek, wynproetoere, buitesitplek, skoonmaakdienste, 'n swembad met sonstoele en 'n Jacuzzi. Gaste sal deur die gashere. Janine en Eric, verwelkom word. Hulle is oorspronklik van Oostenryk. Eric het baie kennis oor die Paarl en die omgewing en Janine is 'n haarkapper. Janine en Eric praat Engels, Duits en Spaans.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits
  •  Spaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Life Is For Living Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za