Lighthouse Garden

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lighthouse Garden is 'n selfsorghuis 'n entjie vanaf die plankpaadjie in Kommetjie, 'n stil kusdorpie in Kaapstad. Die dorpie lê halfpad op die Weskus van die Kaapse Skiereiland en spog met gewilde toeriste-aantreklikhede soos Imhoff Farm, Slangkop Vuurtoring en Long Beach met uitstekende kreefvanggeleenthede.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n lieflike uitsig na Chapman's Peak en beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is 'n klein leeshoekie in die hoofslaapkamer en dis ideaal vir kinders wat by hul ouers wil slaap. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Dié twee kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.

Die huis het 'n stoep met braaigeriewe en dit kyk oor die swembad met 'n veiligheidsnet. Veilige parkeerplek word voorsien en die huis het 'n alarmstelsel.

Slaapplek

'n Bespreking by Lighthouse Garden sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lighthouse Garden gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 016 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za