LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Lighthouse Kommetjie | LekkeSlaap
+35

Lighthouse Kommetjie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lighthouse-weg 12, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R11 100 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Lighthouse Kommetjie is 'n selfsorghuis op die seefront in Kommetjie. Dis is in die Ou Kom, net agter die groot graswal wat uitkyk oor die branderryplekke in die binneste en buitenste kom van dié kusdorpie geleë. Die eenheid is net 'n kort entjie se stap al langs die plankpaadjie tot by die vuurtoring en Kommetjie Village. Dit is die perfekte vakansiebestemming vir 2 gesinne met kinders wat prettige doendinge in die omtrek wil aanpak.

Die huis het slaapplek vir 8 volwassenes en 6 kinders en beskik oor 4 dubbelkamers, 'n stapelbedkamer, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en bied toegang tot 'n dek wat reg rondom die eenheid strek. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, en bied ook toegang tot die dek. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en bied toegang tot 'n privaat balkon met Marokkaanse teëls en berg-uitsigte. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en bied ook toegang tot die groot dek. Die derde en vierde slaapkamers maak gebruik van 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is slaapplek vir 6 kinders in die stapelbedkamer.

Die ruim kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffiemasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies en 'n aparte opwasarea met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste, terwyl die sitarea gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale het. Gratis WiFi word voorsien. Die sitarea bied toegang tot 'n sonkamer met sitplek.

Groot skuifdeure bied toegang tot die dek vanaf die kombuis en die sitareas. Dit laat toe dat baie natuurlike lig die huis binnestroom en dat see-uitsigte van die huis af gesien kan word. Die buitenste vermaakarea het 'n onderdakdek met buitemeubels en eetplek vir 6 gaste. Daar is ook 'n strandkroeg, 'n ingeboude braai en 'n swembad met sonstoele.

Slaapplek

’n Bespreking by Lighthouse Kommetjie sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kindermatras vir 1
Slaapkamer 5
Plek vir 6 persone
6 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek

Ligging

  • Lighthouse-weg 12, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R11 100
per nag (plek vir 8)
Vanaf R11 100
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lighthouse-weg 12, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFkNjliZGY5LWVkMmQtNDAzMS1iYzJjLTBlYmY3NWMxMjk2Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R11 100  per nag (plek vir 8) 12 Lighthouse Road Kommetjie 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.14251 18.32364
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!