Lilly Blue

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 40 % af

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Jul 2019 tot 20 Sep 2019.

Beskrywing

Lilly Blue is 'n ruim selfsorgwoonstel op 'n privaat eiendom in Bellville, na aan Kaapstad Internasionale Lughawe en die Tygervallei Winkelsentrum. Die oopplan-eenheid bied gerieflike verblyf, hetsy vir vakansiegangers of sakereisigers. Vir ekstra gemoedsrus voorsien ons veilige, omheinde parkeerplek saans.

Jy het ook jou eie privaat ingang. Groot skuifdeure bied gemaklike toegang van die straat af tot in die sitkamer. Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en 'n lieflike en suite-badkamer met moderne afwerkings en 'n stort, wasbak en toilet. Ons voorsien ook heerlike, sagte handdoeke.

'n Ruim oopplan-leefarea met 'n kombuisie, sitkamer en eetarea nooi jou uit om te rus en ontspan. Daar is 'n kombuisie, 'n eetarea en sitkamer. Die kombuisie is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, oond, wasbak, mikrogolfoond, broodrooster en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste. Die woonkamer het 1 slaapbank, 1 dubbelstapelbed, 3 mediumgrootte-rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Hier kan jy opvang met jou besigheid, vriende onthaal en meer. Daar is ook gratis WiFi tot jou beskikking.

Slaapplek

'n Bespreking by Lilly Blue sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 3 volwassenes en 1 kind
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lilly Blue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R890 R534 per nag (vir 5 mense)

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Jul 2019 tot 20 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za