Linga Longa Beach Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Linga Longa is 'n gerieflike selfsorgkothuis in die pragtige dorpie Suiderstrand, omring deur die Agulhas Nasionale Park. Die kothuis is tussen die fynbos geleë en dis baie privaat.

Die kothuis bestaan uit 3 en suite-slaapkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n groot oopplan-leefarea met 'n kaggel. Buite is daar nog 'n redelike groot sitkamer met 'n televisie waar jy lekker kan kuier. Die sitkamer het ook 'n braai en kaggel.

Gaste moet hulle eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Die pragtige strand met lieflike rotspoele is net 'n entjie se stap met die pad af. Swem in die koel water of stap op een van die wandelpaaie deur die Nasionale Park. Suiderstrand is sowat 5 km van L'Agulhas af - die suidelikste punt van Afrika waar die Atlantiese- en die Indiese Oseaan mekaar ontmoet. Dit is ook een van die gewildste visvangplekke in Suid-Afrika.

Slaapplek

'n Bespreking by Linga Longa Beach Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Linga Longa Beach Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za