Lin's Guest Flat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lin's Guest Flat is 'n selfsorgwoonstel wat in Framesby, Port Elizabeth geleë is. Hiér sal jy so tuis wees soos by jou eie huis in dié gerieflike, stil en rustige woonbuurt. Daar is slaapplek vir 3 volwassenes en 1 kind.

Dié woonstel bied 'n oopplan-kombuis met oond en stoof, yskas en mikrogolf. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank en 'n dagbed met gerieflike linne. Daar is 'n platskerm-TV met DStv vir gaste wat langer bly. Die badkamer het 'n hoekbad, stort, wasbak en toilet, asook skoon handdoeke en toiletware. Die dubbelslaapkamer het 'n gemaklike dubbelbed met skoon linne, 'n groot spieël en oorgenoeg kaste. Daar is ook bedkassies en -lampies.

Daar is veilige toesluitparkeerplek agter afstandbeheer hekke beskikbaar.

Lin's Guest Flat is in die hartjie van die Vriendelike Stad en is slegs 3 minute se ry vanaf die snelweg en 7 km vanaf opwindende Baywest Mall met 'n yskaatsbaan en Imax-teater,. Dit is ook net 5 minute vanaf Sunridge Mall met plaaslike restaurante en winkels.

Slaapplek

'n Bespreking by Lin's Guest Flat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lin's Guest Flat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za